Kalumbi Shangula Foto argief
Kalumbi Shangula Foto argief

Shangula gereed vir aftrede

Dien dekades in staatsdiens
Ná sy afrede beplan hy om meer te skryf oor die kwessies wat hy deur sy loopbaan teëgekom het.
Elizabeth Kheibes
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula (76), tree op 20 Maart af ná dekades se diens in die land se gesondheidsektor.

Terwyl hy gereed maak om af te tree, besin Shangula oor sy loopbaan, sy bydraes tot openbare gesondheid en sy planne vir die toekoms.

Shangula is op 8 Augustus 1948 op Etilyasa in die Omusatistreek gebore. Hy het ’n mediese graad in Moskou verwerf asook ’n diploma in openbare gesondheid aan die Harvard-universiteit, ’n MSc-graad in geneeskunde (medicine) aan die Universiteit van Londen, en ’n MBA aan die Maastricht School of Management.

Tydens Namibië se stryd om onafhanklikheid het Shangula as hoof van die mediese dienste vir die People’s Liberation Army of Namibia (Plan) gedien en noodsaaklike gesondheidsorg aan medevegters verskaf.

Ná onafhanklikwording het hy sleutelposisies in die land se gesondheidsektor beklee, insluitend mediese superintendent, streekgesondheidsdirekteur en assistent-pro-visekanselier by die Universiteit van Namibië (Unam).

Hy het ook as permanente sekretaris in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gedien, sowel die ministeries van die omgewing en toerisme.

In Desember 2018 het die ontslape president Hage Geingob Shangula as die minister van gesondheid aangestel. Sy ampstermyn is gekenmerk deur groot uitdagings vir openbare gesondheid, insluitend die uitbreking van die Covid-19-pandemie.

Onder sy leierskap het die ministerie ’n reisverbod, inperkings en inentingsveldtogte geïmplementeer wat daarop gemik was om die verspreiding van die virus te bekamp.



GEREED OM LEISELS OOR TE GEE

Shangula meen hy is gereed om sy verantwoordelikhede oor te gee.

“Daar kom ’n tyd wanneer iemand anders die leisels moet oorneem,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat hy besig is om ’n “aanspreeklikheidsverslag” op te stel om ’n gladde oorgang aan sy opvolger te verseker.

Alhoewel hy uit die politiek tree, beplan Shangula nie om heeltemal van sy beroep weg te beweeg nie.

Hy stel ook belang in skryf en het voorheen een boek geskryf.

“Daar is baie kwessies wat ek deur my loopbaan teëgekom het wat ek graag met die publiek wil deel,” het hy bygevoeg.

Behalwe vir skryf en medisyne, het Shangula ná sy aftrede op ’n rustiger lewe gesinspeel wat moontlik boerdery kan insluit.

Sy impak op Namibië se gesondheidsektor sal egter na verwagting voortduur lank nadat hy sy amp verlaat het.

Shangula het bygevoeg om homself nie vrywillig vir die parlementêre lys beskikbaar te stel nie, niks te doen het met ’n gebrek aan selfvertroue nie, maar eerder met sy planne om af te tree.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 21° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 35° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 22° | 38° Lubumbashi: 16° | 24° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 33° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 22° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 23° Harare: 15° | 26° #N/A #N/A