Shapwa die gesig agter N$444m-gesondheidstenders
Sentrale Verkrygingsraad se leierskap vergader glo vandag oor debakel
Ná weke van spekulasie en ontsteltenis oor die feit dat 'n staatstender toegestaan is aan 'n maatskappy wat N$265 miljoen duurder is, is die omstrede eienaar nou bekend.
Die omstrede sakeman Shapwa Kanyama is die eienaar van Amnics Trading, die maatskappy wat drie winsgewende tenders vir mediese voorraad vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gekry het. Die grootste een beloop N$416,7 miljoen – ’n reusagtige N$265,8 miljoen meer as die volgende tenderaar.
Amnics Trading het tevore behoort aan dr. Vikramkumar Naik, ’n farmaseutiese sakeman wat in Zimbabwe gebore is en wat tans ’n Namibiese burger is, asook aan Chun-Yen Wu, ’n Suid-Afrikaner wat in Taiwan gebore is.
Wu en Naik, wat elk 50% aandele in Amnics gehad het, het die maatskappy teen die einde van 2021 aan Kanyama verkoop. Dokumente by die Owerheid vir Besigheids- en Intellektuele Eiendom (Bipa) dui egter steeds die twee mans as direkteure van die maatskappy aan.
“Ek is bewus van die bod, maar ek het niks met Amnic Trading te make nie,” het Naik gister gesê en hom van die tender gedistansieer.
“Ek het my aandele in Desember 2021 verkoop. Bipa is nie op datum nie. Ons het die maatskappy aan ’n man met die naam Kanyama verkoop.”
SY GESKIEDENIS
Kanyama beveg al jare lank bewerings van korrupsie wat verband hou met sy maatskappye se mediese voorrade aan die ministerie van gesondheid.
In Julie verlede jaar het hy ’n regsgeding teen ’n verpleegster, Mathilde Kadhikwa, begin nadat sy ’n stemnota versprei het dat Kanyama, wat net twee maande tevore ’n weelderige troue gehad het, finansiële misdade pleeg en onwettig regeringsgeld in sy sak steek. Dit terwyl openbare gesondheidsgeriewe nie basiese voorrade het omdat daar nie geld is nie.
Kanyama het by monde van sy regsverteenwoordiger Sisa Namandje gesê Kadhikwa se opmerkings was lasterlik en dring in op sy naam, waardigheid, roem, kredietwaardigheid en reputasie.
In Junie verlede jaar is Kanyama in ’n plaaslike koerant aangehaal waarin hy soortgelyke beweringe ontken. Volgens hom het hy ander inkostestrome uit verskeie besighede wat hy besit, onder meer in die konstruksiebedryf.
Al drie die tenders wat aan Amnics Trading toegestaan is, is ver bo die naaste tenderaar se aanbod, wat die vraag laat ontstaan het waarom goedkoper aanbieding in al die gevalle oorgesien is.
Die tenders is toegeken deur die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN), wat sedertdien onder druk is om hul besluit in die openbaar te verduidelik.
Ons susterkoerant Namibian Sun is vertroulik ingelig dat ’n hoëvlakvergadering vir vandag geskeduleer is om die kwessie te bespreek. CPBN het tot nou medianavrae hieroor ontduik.
Volgens die CC2-vorm wat by Bipa gehou word, beskryf Amnics homself as ’n vervaardiger en verskaffer van weggooibare higiëneprodukste en farmaseutiese goedere.
Die maatskappy het drie tenders beklink om weggooibare chirurgiese handskoene ter waarde van N$416,7 miljoen aan die ministerie te verskaf – wat N$265.8 miljoen meer is as die tweede hoogste tenderaar.
Die ministerie het tenders aangevra vir die verskaffing en aflewering van ’n wye reeks kliniese voorrade. Die CPBN het 90 aanbiedinge van plaaslik geregistreerde maatskappye ontvang.
Amnics Trading is verkies bo twee ander – Fresh Unit Medical Supplies met N$150,9 miljoen wat gekies is as eerste alternatief en Trion Technology Solutions met ’n bod van N$193,2 miljoen. Dié tender was vir die verskaffing van 7.5-grootte handskoene.
Amnics was opnuut die wenner bo Trion en MMED Investments vir die verskaffing van grootte-8 weggooibare chirurgiese handskoene met ’n bod van N$20,8 miljoen – N$11,1 miljoen meer as die tweede alternatiewe bieër Trion se aanbod van N$9,96 miljoen.
Tender nommer drie was vir grootte-8.5 handskoene. Hier was die tenderbedrae N$6,25 miljoen vir Amnics, N$2,89 miljoen vir Trion en N$3,61 miljoen vir MMED.
KANYAMA ‘WEET NIE’
Kanyama het bevestig hy is die eienaar van Amnics Trading, maar sê hy het geen kennisgewing ontvang dat die drie tenders aan hom toegestaan is nie.
“Ek het net gesien iets sirkuleer, maar ek is nie ingelig dat enigiets aan ons toegeken is nie. Ek werk nie by die CPBN nie, ek weet nie hoe ken hul tenders toe nie, hoe dit gedoen word nie, ek weet nie. Ek is nie formeel in kennis gestel ek het drie tenders gekry nie; dinge mag verander,” het hy gesê.
Volgens hom is dit vir die CPBN om die toekenning van die tenders te regverdig.
“Ek het my dokument ingedien, maar ek kan dit nie regverdig nie, die regte persoon om te vra is CPBN,” het hy gesê.
SPERTYD
Namibian Sun verstaan die gegriefde bieërs se spertyd is vandag om teen die toekenning van die tenders beswaar aan te teken.
Intussen het die ministerie van gesondheid homself van alle betrokkenheid met die toekenning van die tenders onthef.
“Die verkrygingswet is gestruktureer om openbare entiteite te bemagtig om aankope te doen. Indien die wet die CPBN bemagtig om sekere goed te doen, is dit vir hulle om juis dit te doen,” het die uitvoerende direkteur Ben Nangombe gesê.
“Ons ministerie word nie toegelaat om in te meng by die werk of besluite van die CPBN nie. Tensy ’n openbare instelling vrystelling op gemotiveerde gronde kry, word daardie aankope deur die CPBN hanteer,” het hy gesê.
Hy het ook die bedrae bevraagteken wat Namibian Sun aan hom vir die betrokke tenders voorgehou het.
“Die syfer wat rondgestuur word ... ek weet nie of dit die korrekte syfer is nie,” het hy gesê.
Nangombe het die hoë prys van die bod geregverdig en sê chirurgiese handskoene is in aanvraag en iets wat vinnig beweeg.
“Handskoene is bewegende items en dit kan ook gebeur dat handskoene wat die ministerie gehad het, hul vervaldatum bereik het. In hierdie tye is handskoene items wat vinnig beweeg en ons moet ons gesondheidswerkers beskerm.”
Die CPBN sal na verwagting vandag volgens sy woordvoerder Johanna Kambala homself oor die tenders uitspreek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie