'Skrap alle reisbeperkings vir ingeëntes’
Iata: Reismaatreëls het Omicron nié gekeer
Die verspreiding van Omicron is nié deur reisbeperkings in Europa verhoed nie. Daarom sê die lugvervoerbedryf dit moet geskrap word.
Die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) en Internasionale Lughawensraad in Europa (ACI Europe) het ’n beroep op Europese regerings gedoen om alle reisbeperkings te skrap vir mense wat volledig ingeënt is of van Covid-19 herstel het.
Dit moet nie net binne Europa geld nie, maar ook vir reisigers wat van elders in die wêreld daarheen vlieg.
Dié beroep volg nadat die raad van die Europese Unie op 25 Januarie ’n voorstel vir reise tussen lande in dié gebied wat geskoei is op die gesondheidstatus van reisigers en nie die epidemiologiese situasie in die lande waarvandaan hulle kom nie.
Suid-Afrika, Namibië en die ander buurlande was einde November verlede jaar eensklaps die muishond van die wêreld toe die Omicron-variant in Suid-Afrika geïdentifiseer is.
Besprekings van miljoene Namibiese dollar is gekanselleer toe eers Brittanje, gevolg deur ander lande, streng reisbeperkings vir mense uit Suider-Afrika ingestel het.
Buitelandse toeriste moes besprekings kanselleer en Namibiërs moes ook hulle oorsese reisplanne verander toe die een na die ander land se deure toegeklap het.
“Onafhanklike studies in Finland en Italië bevestig die geldigheid van die reisiger-gesentreerde benadering. Dit toon die ondoeltreffendheid van die onlangse reisbeperkings wat Europese lande ingestel het om die risiko’s wat Covid-19 vir openbare gesondheid en die samelewing inhou, te beperk,” sê Iata in ’n verklaring.
“Dié navorsing wys die reisbeperkings in die EU het weinig of geen impak gehad op die verspreiding van Omicron nie.”
Iata sê ontledings deur Oxera en Edge Health in onderskeidelik Italië en Finland toon die reisbeperkings wat deur dié twee lande op alle inkomende besoekers ingestel is, het “geen onderskeibare verskil” aan die Omicron-gevalle in daardie lande gemaak nie.
“Inteendeel, die impak van hierdie beperkings, en veral die beperkings op die vrye beweging van mense, het aansienlike en onnodige ekonomiese swaarkry tot gevolg gehad – nie net vir die reis- en toerismesektor en hul arbeidsmag nie, maar vir die hele Europese ekonomie,” sê Iata.
Iata wys daarop om hierdie beperkings vroeër in te gestel het – dit wil sê op dieselfde dag dat die Omicron-variant deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as ’n probleem geïdentifiseer is – sou nie die verspreiding daarvan in Italië en Finland gekeer of aansienlik beperk het nie.
“Die rede daarvoor is dat variante sirkuleer lank voordat hulle geïdentifiseer word, wat die rede is waarom beide die WHO en ECDC (Europese Sentrum vir Siektebeheer) oor die algemeen reisbeperkings as ondoeltreffend beskou.”
Mnr. Olivier Jankovec, direkteur-generaal van ACI Europe, sê dit help nie om ’n gemeenskaplike EU-reisbeleid te hê, maar die individuele lande volg dit nie en stel hulle eie reisbeperkings in.
“Dit moet stop. Ons het nou verdere bewyse reisbeperkings hét 'n beduidende uitwerking. Dis weliswaar nie op openbare gesondheid nie, dit is op ekonomiese stabiliteit en lewensbestaan. Kortom: hulle veroorsaak meer skade as goed,” sê hy. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie