Skuiling vir verwagtende ma’s op Outapi
Vir verwagtende ma’s op Outapi wat tevore gedwing sou wees om onder moeilike omstandighede op hul babas se geboorte te wag, is daar nou verligting nadat die Tukwathela Skuiling vir Verwagtende Moeders vroeër hierdie week amptelik geopen is.
Die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula, het in ’n toespraak wat namens hom voorgelees is, gesê die meeste moedersterftes word in die algemeen deur voorkombare of behandelbare komplikasies veroorsaak.
Shangula het gesê dit is dus belangrik dat alle verwagtende ma’s moeite doen om betyds en lank genoeg voordat hulle kraam, gedurende die derde trimester, by gesondheidsfasiliteite aan te meld aangesien dit letterlik lewens kan red.
“Dis hoekom hierdie soort skuilings by hospitale op Opuwo, Katima Mulilo, Onandjokwe, Eenhana en Rundu gebou is. Sulke skuilings kan baie help om moeder- en babasterftes in ons land te voorkom,” het hy gesê.
Shangula sê terwyl verwagtende ma’s wag om geboorte te skenk, word hulle gereeld deur gekwalifiseerde gesondheidsorgwerkers ondersoek wat enige potensiële komplikasies kan identifiseer en hulle kan verwys vir toepaslike mediese ondersoeke en behandeling.
Die moeders neem ook deel aan inligtingsessies waar hulle leer oor algemene netheid, borsvoeding, baba- en kindervoeding, kindersorg en meer.
“By ander skuilings neem die ma’s deel aan ligte fisiese oefeninge om fiks te bly en ook aan ander aktiwiteite soos tuinmaak, naaldwerk en meer. Dis vaardighede wat hulle sal kan gebruik lank nadat hulle geboorte geskenk het en wat deur inkomste-generering hul lewens kan verbeter,” het hy gesê.
Die skuiling is teen ’n koste van N$1 miljoen deur die Maatskaplike Voorsorgfonds gebou.
Die skuiling se beskermheer is die gewese presidentsvrou Penehupifo Pohamba, wat aan die spits was van die oprigting van soortgelyke skuilings oraloor die land vir die veiligheid van verwagtende ma’s en hul ongebore babas.
Me. Sophia Shaningwa, voormalige goewerneur van die Omusatistreek, asook die Ombalantu Tradisionele Owerheid was van dag een af by die projek betrokke.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie