Claudia Kambonde en Sr. Rosemarie Masule. Foto verskaf
Claudia Kambonde en Sr. Rosemarie Masule. Foto verskaf

Slypskole fokus op werkslading

Doeltreffende gesondheidsorg
Iréne-Mari van der Walt
"My werk is baie interessant. Ek geniet my werk, al is dit soms moeilik wanneer daar te veel pasiënte in sommige eenhede is en te min verpleegsters om na hulle om te sien," sê Claudia Kambonde, die matrone by die Windhoek Sentrale Hospitaal waar sy 700 verpleegsters in verskeie afdelings se werk moet koördineer.

Kambonde moet soms moeilike besluite neem om te sorg dat die verpleegsters se werk so vlot moontlik verloop. Om haar werk te kan doen, moet mens koelkop kan bly en met ander bestuurders in die hospitaal kan onderhandel om hulle te oorreed om hul menslike hulpbronne te deel.

"Dit is nie eenvoudig ’n nommerspeletjie met ’n maklike aantal verpleegsters tot pasiënte nie," verduidelik Kambonde. "Soms is die soort sorg wat nodig is intensief en die impak van vertraagde sorg ernstig. Byvoorbeeld, oogpasiënte mag min wees, maar hulle oogdruppels moet betyds gegee word vir dit om doeltreffend te wees," sê sy.

In ’n poging om te sorg dat haar werksmag nie ooreis word en die kwaliteit van hul sorg nie afneem nie, het Kambonde onlangs deelgeneem aan slypskole wat aangebied is deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste. Dit is ontwikkel om die duur van standaardtake te bepaal en hoe lank dit vir personeel sal neem om dit te verrig.

Die slypskole wat deur die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAID) aangebied is, het die werkslading van mediese beamptes, verpleegsters, radioloë, sielkundiges en ander werkers in openbare gesondheid ontleed. Dit sal die Namibiese regering help om hulpbronne op ’n gepaste manier te versprei om die nood in die gesondheidsektor so doeltreffend moontlik aan te spreek.

"Die ontleding van werksladings sal my werk makliker maak," sê Kambonde. "Dit help om statistieke te gebruik om jou behoefte met betrekking tot jou werksmag te bepaal."

Vir Kambonde sal die ontleding die tyd verkort wat sy gewoonlik sou gebruik om te onderhandel met hoofde en ook verpleegsters. "Wanneer verpleegsters se aandag nie afgelei en hulle nie oorwerk en oorweldig is nie, vaar hulle beter in hul werk en kan hulle kwaliteit gesondheidsorg doeltreffend lewer. Dit beteken pasiënte het korter wagtye en meer positiewe ervarings in die hospitaal en stap uit met beter uitkomste vir hul gesondheid," het sy gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!