ms
ms

So raak Veelvuldige Sklerose (MS) Namibiërs



In Namibië is die voorkomskoers van Veelvuldige Sklerose (MS) sowat 0,001% van die totale bevolking wat dui ’n beraamde 2 500 mense in die land is wat deur die siekte geraak word. Tans is daar 48 gevalle deel van MS Namibia se databasis. Multiple Sclerosis Namibia (WO293) staan vandag met die viering van Wêreld MS-dag in solidariteit met die MS Internasionale Federasie (MSIF) en MS-organisasies oraloor in Afrika, sowel as die 2,8 miljoen mense wat wêreldwyd daagliks met die siekte saamleef.

Volgens die stigter van MS Namibia, Bianca Özcan, is een van die grootste uitdagings vir lyers in die land toegang tot primêre gesondheidsorg.

“Met die globale tema van #MSConnections, kan ons meer met een stem en met die ondersteuning van ander Afrika MS-organisasies bereik deur ’n gemeenskap te bou wat met mekaar verbind is. Dit kan die fokus plaas op uitdagings wat ervaar word soos stigma, bewusmaking en hulpbronne en ook leiding aan besluitnemers verskaf oor die siekte en die beskikbaarheid van behandelings,” sê Özcan.

Volgens haar poog die organisasie om die kollig te laat val op bewusmaking en wat die siekte behels deur simptome uit te lig en mense aan te moedig om hul ervaring te deel.

MS is een van die mees algemene neurologiese afwykings en oorsake van gestremdheid in jong volwassenes.

Wêreldwyd is daar 2,8 miljoen MS-lyers, maar dit is waarskynlik dat honderde duisende ongediagnoseer bly, terwyl baie lewens ook indirek geraak word deur persone wat MS-lyers moet versorg.

Die meeste mense met MS word tussen die ouderdomme van 25 en 31 jaar gediagnoseer. Tweekeer soveel vroue as mans word met die siekte gediagnoseer.

Simptome kan insluit versteurde visie, swak ledemate, tintelende sensasies, moegheid en geheueprobleme. Die oorsaak van MS is nog nie bekend nie en tot op hede is daar nie ’n kuur nie, hoewel behandelings beskikbaar is wat met sommige vorme van MS kan help. Verskeie opsies is ook beskikbaar om simptome te verbeter en te bestuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!