Foto ter illustrasie/argief
Foto ter illustrasie/argief

Spray-a-thon mik vir N$150 000

Iréne-Mari van der Walt
Skole en maatskappye kan nou aansoek doen om aan die Kankervereniging van Namibië (CAN) se jaarlikse Spray-a-thon deel te neem. Vanjaar se opbrengs sal, soos verlede jaar, aan CAN se Chica-eenheid vir kinders met kanker geskenk word.

CAN se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, sê die geld sal gebruik word om onder meer peperduur medisyne aan te koop.

“Ons het nou weer ’n hele paar jongmense wat by CAN om hulp aanklop om gespesialiseerde medikasie aan te koop aangesien die staatskas leeg is,” sê Hansen. Hy sê kinderkanker is nie ’n uitsondering tot die wêreldwye toename in kankergevalle nie, en dat CAN mik om N$150 000 vir Chica tydens die Spray-a-thon in te samel.

“Destyds was die mikpunt gewoonlik meer as N$200 000, maar met die Covid 19-pandemie en die ekonomie wat sukkel, was die laaste drie jaar teleurstellend. Ons hoop vanaf 2024 sal dinge weer normaliseer en dat geldinsamelings weer sal toeneem,” sê Hansen. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer