Stampriet se sokkies van hoop
As Mnr. en Mej. Elnatan is Marnus Botma en Anri de Klerk se grootste doel om ’n verskil in hulle gemeenskap te maak. Om dié verskil te verwesenlik, gaan die twee leerlinge sokkies verkoop en die wins terugploeg in hulle borskankerprojek op Stampriet. Beide Marnus en Anri se ma's is self deur borskanker geraak. Die hoop is om met die geld wat ingesamel word, kundiges na Stampriet te bring wat die nodige borsondersoeke kan doen. Indien tekens van borskanker tydens dié ondersoeke gevind word, sal ’n verwysingsbrief aan die staat se gesondheidsorgdienste vir verdere ondersoeke en behandeling uitgereik word.
Marnus en Anri hoop om deur dié fondsinsameling minderbevoorregte vroue in die gemeenskap die geleentheid te gee om vir ’n borsondersoek te gaan en terselftertyd vroue met die kennis toe te rus om hulself vir moontlike borskanker te ondersoek.
"Ek dink dit hang af van die soort kanker en jou persoonlikheidstipe," sê Anri oor die emosionele verwerking van ’n ouer se kankerdiagnose. Marnus sê weer op sy beurt hy is “g'n stuk bang” vir al die praatjies oor vroulike liggaamsdele nie.
"Ek wil net nie die voelwerk doen nie," skerts hy.
Diegene wat graag Marnus en Anri se projek wil ondersteun, kan uit vyf verskillende ontwerpe kies en die sokkies teen N$120 ’n paar deur Privaatskool Elnatan bestel. Kontak die skool by (063) 260 079 of stuur ’n e-pos na [email protected]. Instellings en belangstellendes wat hul eie ontwerpe op die sokkies verkies en dit dan ten bate van borskanker wil verkoop, kan by die I Love Boobies-projek betrokke raak. Meer inligting oor dié projek is op die webtuiste iloveboobies.co.za beskikbaar. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie