Stap vir mans se geestesgesondheid
Elago Nantana sal Saterdag sy staptog van ongeveer 380 kilometer vanaf Otavi tot by die Helao Nafidi-grenspos by Oshikango voltooi.
Hy stap om die aandag te vestig op die bewusmaking van geestesgesondheid onder mans en die belangrikheid van geloof en ondersteuning om uitdagings die hoof te bied.
Verlede jaar het Elago 1 919 kilometer in 93 dae vanaf Oranjemund na Divundu gestap om bewusmaking onder mans te skep.
Vandaar af het hy ’n saamrygeleentheid tot in Katima Mulilo (281 km) gekry. Hy het dit alles gedoen sonder geld of kos en hy het op die Here en barmhartige Samaritane staatgemaak.
“Ek het nadat ek die staptog voltooi het, bekommerd geraak oor die hoë selfdoodsyfer in die Ohangwenastreek en besluit om dié jaar weer te stap. Soos ek stap, praat ek met die mans veral oor selfdood, depressie en angs. Ek gee hulle hoop en motiveer hulle. Mense word gemotiveer as hulle sien hoe iemand ’n onbaatsugtige daad doen. ”
Hy is die voorsitter van The Delivery Room Foundation, ’n jeugorganisasie wat fokus op geestesgesondheid en om die gemeenskap te bemagtig.
“Ons missie is om bewusmaking te skep en ondersteuning te bied aan kwessies rakende mans se geestesgesondheid, soos verslawing, angs, depressie, mishandeling en die voorkoming van selfdood.”
Soos Elago stap maak hy video’s wat hy op sosialemediaplatforms versprei om bewusmaking te skep.
“Mense weet die hele tyd waar ek is en wanneer ek in hulle omgewing is. Ek stap 30 kilometer per dag en hulle werk dit uit en wag vir my sodat ek met hulle kan praat. Ek dra ook niks kos saam met my nie weens die gewig en die mense gee altyd vir my kos.”
Elago beoog om die The Delivery Room Mental Health Booklet te bevorder wat as ’n hulpmiddel vir diegene met geestesgesondheidsuitdagings dien.
Die boek bied ondersteuning, inspirasie en praktiese raad. Dit beklemtoon die belangrikheid om hulp te soek, selfversorging en om krag te vind in ’n mens se geloof en persoonlike reis.
Deur hierdie boekie tydens sy staptog te bevorder, poog Elago om individue te bemagtig om beheer oor hul geestelike welstand te neem, geestesgesondheidskwessies te destigmatiseer en om ’n ondersteunende en simpatieke gemeenskap te bevorder.
“Ek het mans in trane, geïnspireerd, laggend en vierend op die reis saam met my gesien. Ek weet dit is alles moontlik. Gaan nou en vertel jou vriende wat met hulle geestesgesondheid sukkel; wanneer jy dink jy kan dit doen, kan jy, want alles is moontlik.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie