‘Stryd teen kanker is ons almal s’n’
Kritieke behoefte aan samewerking
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste het tydens die bespreking van Namibië se nasionale kankerbeheerplan beklemtoon geen enkele entiteit kan kanker alleen takel nie.
Henriette Lamprecht
Met die las van kanker wat voortgeset toeneem, is gesondheidstelsels onder toenemende druk soos die aanvraag na verwante bestuurstelsels styg.
Die voorkoms van kanker het die afgelope paar jaar gemiddeld met 12% gestyg, met bors- en servikale kanker wat die mees algemeenste is. Een uit elke vyf mense sal een of ander tipe kanker in hul leeftyd ontwikkel, met een uit nege mans en een uit 12 vroue wat weens die siekte sal sterf.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, Kalumbi Shangula, het tydens die bespreking van Namibië se nasionale kanker-beheerplan beklemtoon geen enkele entiteit kan kanker alleen takel nie.
Hoewel die ministerie die mandaat het om prosesse te lei om die plan te ontwikkel, vereis dit volgens Shangula samewerking met alle sektore en rolspelers. Dit sluit lynministeries, verskaffers van gesondheidsdienste, navorsings- en tersiêre instellings, nieregeringsorganisasies, die private sektor en internasionale vennote in.
“Inderdaad elke Namibiër, insluitend diegene wat kanker oorwin het en wat met kanker saamleef,” het hy gesê.
Met die ontwikkeling van planne soos die beheerplan en gevolg deur doeltreffende implementeringstrategieë kan Namibië volgens Shangula sukses behaal in die stryd teen die siekte. Hy het gemaan dit is kritiek om die behoefte aan samewerking en vennootskappe te erken.
“Samewerking moet meer as ’n woord wees. Dit moet die beginsel wees wat ons optrede lei.
“Dit beteken om prakties saam te werk om te verseker dat ons ingrypings en beleidsrigtings nie net goeie bedoelings is nie, maar dat dit ook doeltreffend geïmplementeer kan word.”
proaktiewe optrede
Die plan moet gerig wees om tot die werklikhede en ervarings van mense te spreek en beteken volgens Shangula om hulpbronne, kennis en kundigheid te deel om ’n sterk en proaktiewe gesondheidstelsel te bou wat in staat is om unieke kankerverwante uitdagings te takel wat Namibië as nasie in die gesig staar.
Die gesondheidsminister het deelnemers aan die bespreking aangemoedig om die bogenoemde uitdaging met ’n groter gevoel van dringendheid aan te pak.
“Namibië het ’n beheerplan nodig wat die land in staat stel om doeltreffend die impak van kanker op ons samelewing te voorkom en te takel.”
Kankerbeheer is ook ’n kritieke komponent van Namibië se strategie vir nie-oordraagbare siektes wat in 2018 van stapel gestuur is. Dit is weens die beduidende negatiewe impak wat dit op openbare gesondheid, die kapasiteit van gesondheidstelsels en ekonomiese stabiliteit het.
Kankerpasiënte word in beide die staat- en private sektor behandel. Die ministerie het goedkeuring van die kabinet aangevra vir die entstof vir die voorkoming van servikale kanker wat ten doel het om dit te verhoed.
’n Strategiese plan om servikale kanker teen 2030 in Namibië uit te wis, is reeds saamgestel, terwyl ’n tegniese komitee reeds die nasionale voorkomingsriglyne geëvalueer het om te verseker dat dit in lyn met die huidige globale riglyne is.
SKANDERINGS
Die voorkomingsdienste sal volgens Shangula by bestaande instellings vir primêre gesondheid beskikbaar wees. Namibië gaan ook geleidelik wegbeweeg van die visuele ondersoek van die baarmoeder en die gebruik van asynsuur na HPV DNA-toetsing in die skandering van servikale kanker. Die teikengroep is 30-jarige vroue en vroue wat 25 jaar oud is en met MIV saamleef.
Die pouse tussen die skanderings is tien en vyf jaar vir die algemene bevolking en vroue met MIV onderskeidelik.
Die HPV DNA-toets sal as deel van ’n benadering in fases begin met ’n bevolking met ’n hoë risiko om servikale kanker te ontwikkel en wel vroue wat MIV-positief is.
Shangula sê die doelwit is ’n dekking van 70% teen 2030 wat in lyn is met die globale teiken. Vir opvolg- dienste sal van bestaande gesondheidswerkers in gemeenskappe gebruik gemaak word.
Namibië het ook suksesvol die behandeling van pre-kanker- letsels ingestel en verhoog deur van termiese ablasietoestelle gebruik te maak. Vroue 50 jaar en ouer word skandeer en kan dieselfde dag be-handeling met termiese ablasie ontvang.
Om verwysings te versnel vir pasiënte wat ’n positiewe skandering gehad het en wat weens die gebrek aan kapasiteit of toerusting nie dieselfde behandeling kan ontvang nie, word na die naaste gesondheidsgeriewe verwys word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie