Stryd teen MIV/vigs, TB en malaria kry hupstoot
Globale Fonds bewillig meer as N$600 miljoen
Die eerste minister het Vrydag die mylpale wat reeds bereik is uitgelig en die planne vir die toekoms bekend gemaak.
Namibië beoog om MIV/vigs as ’n bedreiging vir openbare gesondheid teen 2026 te beëindig en beheer oor die MIV-epidemie teen 2028 te bereik met die ondersteuning van die Globale Fonds.
Dit kom nadat die Globale Fonds onlangs ’n toekenningsiklus vir ’n tydperk van drie jaar ter waarde van sowat US$34 miljoen (N$619 miljoen) goedgekeur het, asook ’n verdere US$15,8 miljoen (N$287,7 miljoen) vir Covid-19 se reaksiemeganisme.
Dit is deur die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, aangekondig tydens die bekendstelling van die sewende siklus van die Globale Fonds (GC7) wat Vrydag by die Mercure Hotel in Windhoek plaasgevind het.
Sy het ook daarop gewys dat die ondersteuning wat aan die regering verleen is, druk op die regering se loonrekening verlig en die regering se kapasiteit vir die implementering van programme verbeter het.
Die Globale Fonds het glo sedert 2004 meer as US$391 miljoen (N$7,1 miljard) uitbetaal.
MYLPALE
Afgesien van doelwitte vir die toekoms, het Kuugongelwa-Amadhila ook die geleentheid gebruik om te besin oor die mylpale wat reeds bereik is in die twee dekades van die land se vennootskap met die Global Fund.
“Die land het ’n beduidende afname in MIV-gevalle gesien en het inisiatiewe vir die voorkoming van malaria en tuberkulose (TB) oraloor die land bevorder,” het sy gesê en bygevoeg dat hulle daarop gefokus is om die las van TB te verminder en die aantal malariagevalle in die land teen 2027 tot nul te verminder.
“Die Globale Fonds bevorder deurlopende kapasiteitsbou in die gesondheidsektor deur gesondheidswerkers op te lei en organisasies te ondersteun,” het sy gesê.
Sowat 24 klinieke is in landelike gemeenskappe gevestig as deel van die regering se pogings om dienste nader aan mense te bring.
MALARIA EN TB
Wat die bekamping van malaria betref, het sy verduidelik dat die voorsiening van nette wat met insekdoders behandel is (ITN’e) as ’n voorkomende maatreël geïmplementeer is.
“Veldtogte om vir muskiete te spuit is in gebiede waar malaria voorkom van stapel gestuur. Die Globale Fonds het ook die regering ondersteun in die verkryging van chemikalieë vir die landswye spuitveldtogte asook die vervoer daarvan,” het sy gesê.
Oor TB het Kuugongelwa-Amadhila gesê die Globale Fonds ondersteun die verkryging van middels vir die behandeling van tuberkulose asook ondersteuning vir gesondheidswerkers om die behandeling te monitor.
Die fonds het glo ook die verkryging van TB-toerusting vir diagnose en behandeling ondersteun.
Die Globale Fonds ondersteun ook ’n belangrike projek vir die massasifting vir TB wat bydra tot die diagnose en behandeling.
Kuugongelwa-Amadhila het tydens haar toespraak ook haar dankbaarheid uitgespreek vir die 20 jaar van suksesvolle samewerking en doeltreffende vennootskap met die Globale Fonds.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie