Beelde verlede week by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg, Suid-Afrika. Foto sosiale media
Beelde verlede week by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg, Suid-Afrika. Foto sosiale media

Suid-Afrika: Covid-sertifikaat moet ‘n QR-kode bevat

Dani Booysen
Owerhede in Suid-Afrika het laat verlede week benadruk dat alle reisigers wat die land besoek se inentingsertifikate teen Covid-19 ‘n elektroniese QR-kode moet bevat wat die naspoorbaarheid daarvan bewys.

Dit volg ná lang rye en oponthoude by onder meer die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg.

Hoewel Namibiese gesondheidsowerhede aanvoer die land se aanlyn Trusted Travel-stelsel vir die oplaai van inentingsbesonderhede funksioneer nou behoorlik, rapporteer talle inwoners steeds groot hoofbrekens met die stelsel en die wagtyd om ‘n QR-kode te bekom.

Volgens Suid-Afrika moet inenting teen Covid-19 volgens die land se vereistes in alle gevalle naspoorbaar wees. Die buurland wys egter uit dat geen enkele, internasionaal erkende bloudruk hiervoor bestaan nie.

Die Suid-Afrikaanse regering het gesê hy sou wel vanaf Vrydag 27 Mei alle inentingsbewyse met QR-kodes aanvaar; maak nie saak of dit in die vorm van ‘n boekie, kaart, sertifikaat of elektronies is nie. Die rede vir die besluit was om verifiëring te vergemaklik en reisigers nie te verontrief nie.

Suid-Afrikaanse owerhede benadruk egter dat persoonlike besonderhede op inentingsdokumente dieselfde moet wees as op ‘n reisiger se paspoort.

Indien daar vrae oor naspoorbaarheid is, het immigrasiebeamptes die reg om eers die ambassade of hoë kommissariaat van ‘n reisiger vir bevestiging van inentingsbesonderhede te vra.

Suid-Afrika sê Covid-19-toetsing is by al sy grensposte beskikbaar indien daar probleme met inentingsbewyse is. Iemand was positief toets en simptome ervaar, sal moet self-isoleer.

Die woordvoerder van die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Bertha Amakali, het die naweek gesê Namibië se ambassade in Pretoria het met Suid-Afrikaanse immigrasie-owerhede in verbinding getree oor die lot van Namibiërs wat Donderdag sonder inentingsertifikate by OR Tambo geland het. Die persone is versoek om blitstoetse vir Covid-19 te doen. Almal was volgens Amakali negatief en kon dus hul reise voortsit.

Amakali het mense aangemoedig om vir hul sertifikate op die Trusted Travel-stelsel aansoek te doen of ‘n negatiewe toetsuitslag te toon, soos Suid-Afrikaanse owerhede vereis.

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!