TB-pasiënte deel glo sale met ander
Personeel en pasiënte by die Khorixas-staatshospitaal het hul kommer uitgespreek oor pasiënte uit verskillende mediese sale tans kamers deel weens voortgesette opknappingswerk.
Volgens ondersteuningspersoneel by die hospitaal en ’n familielid van ’n pasiënt wat verlede week met Network Media Hub (NMH) gepraat het, word tuberkulose (TB)-pasiënte, kinders, mans en vroue wat vir bevalling opgeneem is, tydens die opgraderings in dieselfde sale gehuisves – na bewering by die kraam- en TB-sale.
Bronne by die hospitaal sê die tydelike reëling het kommer laat ontstaan, veral omdat TB ’n aansteeklike siekte is wat normaalweg in aangewese sale behandel moet word.
Dit bly onduidelik hoe lank die opknappingswerk sal voortduur, met sommige personeellede wat aandui dat die projek langer as na verwangting kan neem om te voltooi.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie