Te min geakkrediteerde staatsgeriewe vir internskappe
Die aantal gesondheidsverwante gegradueerdes wat eers hul internskap moet voltooi voor hulle by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) kan registreer, het die afgelope twee jaar so gegroei dat daar nie meer vir hul plek by geakkrediteerde gesondheidsgeriewe in die land is om hul internskap te doen nie.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het die ministerie nou met ’n proses begin om kapasiteit by geïdentifiseerde staatsgeriewe uit te brei om opleiding vir internskappe in verskeie gesondheidsprofessies te akkommodeer.
Shangula sê ’n aantal van die geriewe is reeds deur HPCNA geakkrediteer om internskappe aan te bied. Volgens hom moet die ministerie se volgende strategiese plan elemente soos menslike hulpbronne, infrastruktuur en mediese toerusting vir internskappe bevat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie