Tekort aan geriewe vir geestesgesondheid knel regering
Dringende behoefte aan infrastruktuur
'n Opvallende silwer randjie, volgens die gesondheidsminister, is die toenemende belangstelling onder mediese praktisyns om in geestesgesondheid te spesialiseer.
Jemimah Ndebele – Daar is ’n dringende tekort aan geestesgesondheidsfasiliteite in die land – wat duisende mense wat sorg nodig het vir algemene geestesversteurings in limbo laat.
Dit volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula.
Die minister het gesê by die land se grootste geestesgesondheidsfasiliteit, die Windhoek Sentrale Hospitaal, is daar net 220 beddens vir psigiatriese pasiënte, terwyl Saal 16 by die Oshakati Intermediêre Hospitaal net 60 kan akkommodeer.
Die geriewe moet voorsiening maak vir alle geestesgesondheidsverwante behoeftes, soos algemene psigiatrie vir binne- en buitepasiënte, uitreikdienste en forensiese psigiatriese dienste.
Die minister het dit onthul toe hy die eerste raad vir geestesgesondheid vir die Oshakati Intermediêre Hospitaal bekend gestel het.
REKORDGETALLE
Shangula het die omvang van die land se geestesgesondheidsuitdagings en die dringende behoefte aan opgegradeerde infrastruktuur uitgelig.
Swak geestesgesondheid word geassosieer met Namibië se toenemende selfdoodsyfer, wat volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) rondom 9,7 per 100 000 lede van die bevolking staan. Dit is die vierde hoogste in vergelyking met die buurlande Suid-Afrika (23,5), Botswana (16,10) en Zimbabwe (14,1).
Amptelike statistieke van die gesondheidsministerie toon dat 745 selfdoodgevalle tussen Januarie 2020 en Junie 2021 in Namibië aangemeld is, terwyl 1 172 mense probeer het of dit oorweeg het om hul eie lewe te neem.
Meer as 70% van die selfdoodgevalle wat gedurende die verslagtydperk by die ministerie van gesondheid aangemeld is, was mans.
MEER PRAKTISYNS
’n Opvallende silwer randjie, het Shangula uitgewys, is die toenemende belangstelling onder mediese praktisyns om in geestesgesondheid te spesialiseer.
“In onlangse jare het ons ’n groeiende aantal dokters, verpleegsters, maatskaplike werkers en ander professionele persone waargeneem wat opleiding in verskeie geestesgesondheidsdissiplines volg,” het hy gesê.
Die ewiggroeiende vraag na dié dienste beklemtoon egter die ontoereikendheid van bestaande geestesgesondheidsgeriewe.
Die minister het versekering gegee dat die regering in voortgesette pogings gewikkel is om geestesgesondheidsorg te verbeter.
“Ons is daartoe verbind om geestesgesondheidsdienste te verbeter deur opleiding, hulpbrontoewysing en verbeterde infrastruktuur.”
MOEILIKE VERLEDE
Shangula het die komplekse aard van bydraende faktore tot dié kwessie beklemtoon.
“Die geskiedenis van ons land, gekenmerk deur trauma, konflik, onderdrukking en ontbering, kan nie buite rekening gelaat word nie. Dit is deel van wat nou manifesteer in sommige van die voorvalle wat ons vandag sien in persone met simptome van geestesgesondheidsprobleme.”
Hy het verder die rol van middelemisbruik, veral alkohol en dwelms, uitgelig wat die probleem vererger.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie