Health
Health

Tenders op ys lê gesondheidsektor lam

Henriette Lamprecht
Jemima Beukes - Ná die kansellasie van die omstrede “kondoomtender” het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste deur die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) ’n nuwe tender vir ses maande ter waarde van N$67,5 miljoen geadverteer. Dié tender sal egter na verwagting eers aanstaande jaar toegeken word. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het in die parlement erken sy ministerie staar onsekerhede en tekorte van mediese voorraad soos handskoene in die gesig. Die situasie word vererger deur tenders wat op ys geplaas is en ’n beperkte N$25 miljoen vir direkte aankope. Dit teen die agtergrond van ’n jaarlikse vooruitskatting vir ’n vraag ter waarde van sowat N$1,7 miljard.

“Soos sake tans staan, is die aanduidings dat geen langtermyn-tender nog vanjaar deur die CPBN gefinaliseer gaan word nie. Geen langtermynkontrakte sal in plek wees nie en tydelike maatreëls sal gevolglik voortduur. Dit plaas ons in ’n baie moeilike situasie. Ons het ’n baie groot land en baie hospitale en klinieke waar daar ’n vraag na dié voorraad is,” het Shangula gesê.

In Augustus 2021 het die ministerie die omstrede tender wat uit 419 items bestaan het, aan die CPBN voorgelê. Ná beweerde ongerymdhede het politici, insluitend parlementslede, gevra die tender moet gekanselleer word.

Ten spyte van ’n gevolglike bieproses in Junie vanjaar waaraan 83 tenderaars deelgeneem het, het die CPBN se optrede en hersieningsproses gelei tot die kansellasie van die tender vir die verskaffing van mediese voorraad vir ’n tydperk van twee jaar.

’n Nuwe tender vir ’n tydperk van ses maande wat na raming sowat N$67,5 miljoen beloop is nou onderweg, met die moontlikheid dat kontrakte eers in Januarie 2024 toegeken sal word.

Die ministerie se tender vir die verskaffing van algemene farmaseutiese produkte wat oor ’n tydperk van twee jaar sou strek en in Augustus 2021 ingedien is, staar nou ook vertragings in die finaliseringproses in die gesig omdat een van die bieërs, die bekende sakeman Shapwa Kanyama – aan wie die kondoomtender ook toegeken is – die toekenningsproses by die CPBN se hersieningspaneel uitdaag.

’n Hoërhof-interdik van Oktober het intussen die implementering van die hersieningspaneel se bevel verbied, hangende ’n hersieningsproses deur die hof.

Shangula sê die impak van die openbare verkrygingswet is duidelik en veroorsaak uitgerekte en tydrowende prosesse vir aankope wat lei tot noodaankope vir farmaseutiese produkte.

“Dit is duidelik dat die implementering van die wet ’n beduidende invloed gehad het op die beskikbaarheid van medisyne en mediese produkte. Die aankoop van medisyne in Namibië het ’n uitgerekte en langdradige proses geword. Dit het die ministerie gedwing om hom te wend tot baie duur noodaankope en die uitkoop van die nodige items.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!