Toiletgeriewe opgeknap

Henriette Lamprecht
Die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) het N$1,2 miljoen beskikbaar gestel vir die opknap van toiletgeriewe in die Katutura-staatshospitaal. Deel van die finansiële inspuiting vir die broodnodige herstelwerk is N$300 000 van die Padfondsadministrasie (RFA) en N$200 000 van die Namib Desert Diamonds’ Foundation (Namdia). Volgens die MVAF se uitvoerende hoof Rosalia Martins-Hausiku is die toiletgeriewe op die tweede en derde vloere van die staatshospitaal opgeknap. Die projek wat oor vyf maande geduur het, het ingesluit die opknap van beide die vroue- en manstoilette op die twee vloere, sowel as die verbetering en herstel van storte, baddens en wasbakke.

In November verlede jaar het wyle president Hage Geingob amptelik die deure geopen van 'n splinternuwe noodeenheid by die hospitaal danksy die finansiële ondersteuning van die fonds en Standard Bank Namibia. Dié eenheid met 'n waarde van N$12,6 miljoen sluit 'n noodkamer met agt beddens in en met suurstofondersteuning wat by elke bed installeer is. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 29° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 26° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 32° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 18° | 37° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 34° Lubumbashi: 17° | 20° Mbabane: 15° | 27° Maseru: 19° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 20° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 20° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!