Top Score Instant pap produkte is veilig volgens Namib Mills.
Foto Namib Mills
Top Score Instant pap produkte is veilig volgens Namib Mills. Foto Namib Mills

Top Score-kitspap is veilig

Augetto Graig
Namib Mills het gister ‘n vrystelling bevestig dat sy produk, die gewilde Top Score-kitspap, veilig vir menslike verbruik is. Dit volg op beweringe uit Suid Afrika dat die eet van die pap moontlik bygedra het tot die dood van drie kinders in die Oos-Kaap. Die produk is gevolglik dadelik van die rakke in Namibië, Suid Afrika, Zambië en Lesotho verwyder, hangende die uitslae van verskeie laboratoriumtoetse om die veiligheid van die produk te bepaal.

Volgens Namib Mills se senior handelsmerkbestuurder Marné Bouwer bevestig die uitslae van die toetse dat “Top Score Instant-pap veilig vir verbruik is. Die toetse het nie net die betrokke reeks (06/08/2024) behels nie, maar ook verskeie reekse van verskillende geure en produksiedatums, om verder verbruikers en belanghebbers te verseker dat ons produk geen gesondheidsrisiko bevat nie en aan die hoogste standaarde van voedselveiligheid voldoen,” aldus die verklaring.

Die toetse is deur ‘n onafhanklike laboratorium in Suid Afrika uitgevoer wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiestelsel (SANAS) geakkrediteer is. Die laboratorium het die produk vir die teenwoordigheid van meer as 200 plaagdoders en ook vir swaar metale getoets en volgens Bouwer mikrobiologiese ontleding ook gedoen om bakterieë, virusse en gifstowwe uit te skakel.

Spesifiek is die mieliemeel van 9 Oktober, aarbeigeur-kitspap van 3 Januarie, piesang van 2 Mei, grondboontjiebotter van 23 Mei, toffiekaramel van 28 Mei, piesang van 27 Mei, mieliemeel van 29 Mei, toffiekaramel van 5 Augustus en vanielje van 19 Augustus en 27 September getoets.

“Die uitslae bevestig dat ons produkreekse oor alle geure vry van skadelike stowwe is en voldoen aan die hoogste standaarde van voedselveiligheid. Top Score-kitspap is heeltemal veilig vir menslike gebruik,” beklemtoon Namib Mills se verklaring.

Bouwer waarsku egter dat besmetting steeds kan gebeur nadat die produk Namib Mills verlaat. Sy het verbruikers aangemoedig om te verseker hul kitspap is geseël voordat dit oopgemaak en gebruik word. Verbruikers moet ook sorg dat dit reg gestoor, higiënies hanteer en veilig vervoer word en nie ná die vervaldatum gekoop word nie.

Verder sê sy dat Suid Afrikaanse regulerende owerhede ook hul eie laboratoriumtoetse laat doen, en dat daar op die uitslae van hierdie toetse gewag moet word, voordat Top Score Instant weer op Namibiese rakke sal verskyn. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!