Uitbreking van hepatitis E verby, sê minister
Die hepatitis E-uitbreking in Namibië is verby. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, wys die siekte se epidemiologiese kurwe in Namibië dat gevalle van die siekte deurgaans afgeneem het.
“Gevalle het beduidend sedert die laaste kwartaal van 2020 in alle streke afgeneem,” het hy gesê.
’n Uitbreking van die siekte is op 14 Desember 2017 verklaar. Teen 4 Februarie vanjaar is 8 092 gevalle aangemeld, terwyl 66 sterftes, meestal onder swanger vroue, aangeteken is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie