Uitreiking van sertifikate vir ingeëntes vorder
Kennisgewingfunksie van Trusted Travel nog nie in werking
Aansoeke vir die digitale inentingsertifikaat word daagliks verwerk en goedgekeur.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het ’n versoek aan die ontwerpers van die Trusted Travel-stelsel gerig om die funksie te aktiveer wat aansoekers vir digitale inentingsertifikate inlig wanneer die verifiëringsproses afgehandel is en dit gedruk kan word.
Tans moet aansoekers gereeld op hul rekening op die stelsel gaan kyk of die sertifikaat al beskikbaar is.
Mnr. Erwin Nakafingu, adjunkdirekteur van inligtingstelsels in die ministerie, sê egter die uitstuur van kennisgewings aan aansoekers “is ’n proses wat nog aan die gang is”.
“Ons werk daaraan om die kennisgewings per e-pos te aktiveer sodat aansoekers weet wanneer die sertifikaat gereed is,” het Nakafingu gesê.
Hy het beklemtoon die voorlopige sertifikaat wat aanvanklik uitgereik word en as sodanig aangedui word, is nie die een waarmee gereis kan word nie.
“Die woord ‘voorlopig’ moet nie op die sertifikaat verskyn nie,” het hy verduidelik.
Met verwysing na waar Namibiërs wat ten volle ingeënt is om hulp kan gaan aanklop, het Nakafingu gesê die tolvrye Covid-19-nommer 0800 100 100 kan geskakel word.
“Ons het individue geïdentifiseer wat hierdie vrae kan beantwoord wanneer mense spesifieke vrae oor die stelsel het."
Hy sê in ’n “ideale omgewing” het die ministerie ’n inbelsentrum gehad waar mense met “tegniese vrae” geholpe kon raak.
“Dit (Trusted Travel) is ’n nuwe ding. Ons het nie ’n volwaardige sentrum nie, maar ons verskaf hulp met die mense wat ons het.”
Die grootste klagte op sosialemediaplatforms vir reisigers was dat die funksie waar die aansoeker sy paspoort- of identiteitsnommer moet aandui, nie funksioneel is nie.
Volgens een aansoeker wou die paspoortbesonderhede nie registreer nie, hoewel daar ’n funksie daarvoor op die toepassing is. Die gevolg is dat dié besonderhede nie op die voorlopige sertifikaat verskyn nie.
Die oordra van inligting wat op Namibiërs se inentingskaarte verskyn, na die stelsel, is volgens haar maklik en met duidelike instruksies.
Nog ’n reisiger het beweer die Trusted Travel-sertifikaat is nie op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aanvaar nie, maar die inentingskaart wel.
In Dubai is ook net die kaart gevra en aanvaar. Aan die ander kant van die munt is gesê inentingskaarte of -sertifikate is geen bewys dat ’n persoon nie Covid-19 het nie. Volgens dié persoon is dit ’n “absolute klug” dat net mense wat nie ingeënt is nie, PCR- of kitstoetse vir Covid-19 moet doen om toegang tot ’n land te verkry.
Die woordvoerder van die ministerie, mnr. Walters Mashazi Kamaya, het by navraag gesê aansoeke vir die sertifikaat “word daagliks verwerk en goedgekeur”.
Hy het gemaan reisigers moet ten minste twee weke voor hul vertrek reeds aansoek doen om tyd vir die verifiëringsproses te gee om afgehandel te word. Die hulp van alle Covid-19-kontrakwerkers word tans gebruik om inentingsdata op kaarte elektronies op te laai. Teen gister was 409 610 Namibiërs ten volle ingeënt.
Vir meer inligting besoek die webtuiste https://trustedtravel.panabios.org/trusted-testing/signup/ of skakel die tolvrye Covid-19-nommer 0800 100 100 om hulp. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie