Uitrol van HPV-entstof is op pad, sê Nangombe
Namibië is glo in ’n gevorderde stadium om ’n menslike papillomavirus (HPV)-entstof vir die voorkoming van servikale kanker aan die publiek beskikbaar te stel.
Die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, Ben Nangombe, meen die ministerie is gretig om die entstof binnekort uit te rol en om hul doelwitte te bereik.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se globale strategie om servikale kanker uit te wis bestaan uit drie doelwitte wat teen 2023 bereik moet word. Een is dat 90% van meisies teen die ouderdom van 15 met die HPV-entstof ingeënt moet word.
Tydens die 71ste sitting van die WHO se streekkomitee vir Afrika – wat in 2021 plaasgevind het – het lidlande die raamwerk aanvaar vir die implementering van die globale strategie om die uitwissing van servikale kanker in Afrika te bespoedig.
Nangombe het gesê die ministerie het reeds die spesifieke produk geïdentifiseer en het begin om diegene op te lei wat die entstof gaan toedien.
“Ons het die produk geïdentifiseer wat in Namibië gebruik gaan word en die verkryging het ook begin. Die uitrol is op pad,” het hy gesê.
FRUSTRASIES
Dokters by die Oshakati-staatshospitaal het onlangs tydens ’n insiggewende praatjie oor servikale kanker kommer uitgespreek oor die afwesigheid van die HPV-entstof in staatshospitale.
Dr. Ilona Sheehama het gesê hoewel servikale kanker voorkombaar is, is daar in 2020 sowat 604 000 vroue wêreldwyd daarmee gediagnoseer en ongeveer 342 000 vroue is aan die siekte dood.
Sy het gesê servikale kanker is die vierde mees algemene kanker onder vroue oraloor die wêreld en die tweede mees algemene kanker onder vroue in Namibië. Die siekte kom die meeste by vroue tussen die ouderdomme van 15 en 45 voor.
Ten spyte van hierdie kommer, het Namibië nog nie die HPV-entstof in staatshospitale bekend gestel nie en is die beskikbaarheid daarvan tans beperk tot private hospitale.
Sheehama het gesê die HPV-inenting, om minder te rook, manlike besnydenis en veilige seks kan help om die siekte te voorkoming.
Sy het bygevoeg dat die MIV-pandemie ook ’n rol kan speel omdat vroue met MIV ’n groter risiko het om servikale kanker te kry.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie