Verskeie bemarkingsveldtogte vir formulemelk in stryd met internasionale standaarde vir babavoedingspraktyke.
’n Verslag deur Unicef en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) - Hoe bemarking van formulemelk ons besluite oor babavoeding beïnvloed – ontbloot sistematiese en onetiese bemarkingstrategieë wat deur die bedryf gebruik word om ouers se besluite oor babavoeding te beïnvloed. Die bedryf is ’n verbysterende US$55 miljard werd.
Die verslag sê ’n volgehoue vloei van misleidende bemarkingsboodskappe versterk mites oor borsvoeding en borsmelk. Dit ondermyn vroue se vertroue in hul vermoë om suksesvol te borsvoed. Die mites sluit in die noodsaaklikheid van formulemelk in die eerste dae ná geboorte, dat borsmelk onvoldoende is vir voeding, dat spesifieke bestanddele bewys is om kinderontwikkeling en of immuniteit te verhoog, die persepsie dat formulemelk babas vir langer versadig hou en dat die kwaliteit van borsmelk mettertyd afneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie