Vier gesondheidswerkers vir elke 1 000 inwoners
Oneweredig oor Afrika versprei
Afrika het die minste gesondheidspersoneel en die hoogste siektelas.
Namibië is een van net vier Afrikalande wat die vereiste drumpel van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) vir gesondheidswerkers per 1 000 inwoners het.
Namibië saam met buurland Suid-Afrika, Seychelles en Mauritius het die verhouding van gesondheidswerker tot lede van die bevolking oorskry. Die WHO-drumpel is 4,45 gesondheidswerkers vir elke 1 000 inwoners om noodsaaklike gesondheidsdienste te lewer en universele gesondheidsdekking te bereik.
’n Nuwe WHO-studie wat in die Britse mediese joernaal Global Health verskyn het en 47 Afrikalande insluit, sê die streek het ’n koers van 1,55 werkers (dokters, verpleegsters, vroedvroue) vir 1 000 mense. Dié ernstige tekort aan gesondheidswerkers op die vasteland ondermyn toegang tot en verskaffing van gesondheidsdienste.
Die vasteland se gesondheidswerksmag is ook oneweredig versprei en wissel van 0,25 gesondheidswerkers per 1 000 inwoners in Niger tot die 9,15 werkers per 1 000 inwoners in Seychelles.
In die 47 lande wat aan die studie deelgeneem het, was daar 3,6 miljoen gesondheidswerkers in 2018. Hiervan was 37% verpleegsters en vroedvroue, 9% dokters, 10% laboratoriumpersoneel, 14% gemeenskapswerkers, 14% ander gesondheidswerkers en 12% administratiewe en ondersteuningspersoneel.
Die studie skryf Afrika se voortgesette tekort toe aan verskeie faktore, waaronder onvoldoende opleidingskapasiteit, versnelde bevolkingsgroei, internasionale migrasie, swak bestuur sowel as min aansporings om personeel te hou. Na beraming sal die tekort aan gesondheidswerkers in Afrika 6,1 miljoen in 2030 bereik, ’n styging van 45% van 2013.
Die ernstige tekort sal verreikende gevolge inhou, het dr. Matshidiso Moeti, WHO se streekdirekteur vir Afrika gemaan. Dit sal veral uitdagings soos sterftesyfers onder ma en kind, aansteeklike siektes en die verskaffing van noodsaaklike basiese dienste soos immuniserings nog groter maak.
Hy het gemaan lande moet beduidend beleggings vir die bou van ’n werksmag verhoog om in hul huidige en toekomstige behoeftes te voorsien. Sterk maatreëls is ook nodig om die opleiding en werwing van gesondheidswerkers ’n hupstoot te gee, asook om hul ontplooiing en behoud te verbeter.
Die meeste van die gesondheidswerkers deel van die studie (85%) was in die gesondheidsektor. Wêreldwyd is daar ’n tekort van 7,2 miljoen gesondheidswerkers, ’n tekort wat teen 2030 tot 18 miljoen gaan groei. Volgens die studie was 83 lande onder die WHO-drumpel.
Die studie maan nie net het Afrika die laagste aantal gesondheidswerkers nie, maar ook die hoogste siektelas. Die hoë siektelas en die toename in gesondheidnoodgevalle het ook die behoefte aan gekwalifiseerde werkers in die streek verhoog. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie