Vroue verdien 24% minder in gesondheidsektor
Henriette Lamprecht
Vroue in die gesondheids- en sorgsektor staar 'n groter salarisgaping weens geslag in die gesig as in ander ekonomiese sektore, en verdien gemiddeld 24% minder as hul manlike eweknieë. Die gaping van sowat 20 persentasiepunte spring wanneer faktore soos ouderdom, onderrig en werkstyd in ag geneem word.
Volgens die wêreld se mees omvattende ontleding oor loonongelykhede in die gesondheidsektor, word vroue veral in dié sektor in vergelyking met mans onderbetaal.
Die gesamentlike verslag deur die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) sê die grootste deel van die gaping in salarisse kan nie verduidelik word nie, moontlik weens diskriminasie teen vroue wat 67% van gesondheids- en versorgingspersoneel in die wêreld verteenwoordig.
Dit strook met bevindinge dat salarisse dikwels laer is in ekonomiese sektore waar vroue oorheersend is. Volgens die opname was daar selfs midde die Covid-19-pandemie en die noodsaaklike rol wat deur dié werkers en vroue gespeel is, slegs minimale verbeterings in gelykheid in salarisse tussen 2019 en 2020.
Binne lande is die gapings tussen die twee geslagte ook wyer in kategorieë vir hoë salarisse en waar mans oorverteenwoordig is. Die hoeveelheid vroue in die kategorieë vir laer salarisse is hier weer aansienlik meer. Ma’s wat in dié betrokke sektore werk, blyk nog meer aan die kortste end te trek. Tydens ’n vrou se reproduktiewe jare vergroot die gaping in werksgeleenthede en salarisse aansienlik en duur dit deur die res van haar werkslewe.
Volgens die verslag kan ’n meer gelyke deling van familieverpligtinge tussen mans en vroue in baie gevalle daartoe lei dat vroue ander loopbane kies.
Faktore wat die gapings in salarisse in die sektor dryf, sluit in verskille in ouderdom, onderrig en werkstyd.
“Die gesondheidsektor word oor die algemeen gekenmerk deur lae salarisse, volgehoue en groot gapings tussen salarisse vir mans en vroue en baie veeleisende werksomstandighede,” sê me. Manuela Tomei, direkteur van werkvoorwaardes by die ILO.
Volgens haar het die Covid-19-pandemie die bogenoemde situasie duidelik ontbloot, terwyl dit ook gedemonstreer het hoe noodsaaklik die sektor en sy werkers is om families, gemeenskappe en ekonomieë aan die gang te hou.
“Daar sal geen inklusiewe, veerkragtige en volhoubare herstel wees sonder ’n sterker gesondheidstelsel nie. Ons kan nie beter gehalte-gesondheidsdienste hê sonder beter en meer regverdige werksomstandighede nie. Dit sluit in meer regverdige salarisse vir werkers waarvan die meerderheid vroue is,” het sy gesê.
Sy het beklemtoon die tyd het aangebreek vir die nodige dialoog tussen instellings oor beleidsrigtings.
Mnr. Jim Campbell, die WHO se direkteur vir die werksmag in die gesondheidsektor, het op sy beurt gesê vroue verteenwoordig die meerderheid werkers in die sektor, tog lei baie lande se sistemiese vooroordeel tot ernstige vooroordeel wanneer dit by salarisse kom.
“Die bewyse en ontleding in hierdie grondverskuiwende verslag moet regerings, werkgewers en werkers aanspoor om doeltreffend op te tree. Op ’n positiewe noot is daar suksesverhale in verskeie lande wat reeds die wegbaan en wat salarisverhogings en politieke toewyding toon vir gelyke betaling,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie