VSA finansier mobiele ICU vir Walvisbaai
Ter waarde van N$20 miljoen
Die staatshospitaal op die hawedorp sal nou meer doeltreffend op noodgevalle kan reageer.
Die staatshospitaal op Walvisbaai spog nou met ’n mobiele intensiewesorgeenheid (ICU) met vyf beddens ter waarde van N$20 miljoen, wat deur die Verenigde State van Amerika se departement vir oorsese humanitêre, ramp- en burgerlike hulp (OHDACA) gefinansier is.
Tydens die amptelike oorhandigingseremonie het die waarnemende adjunkhoof van sendings van die Amerikaanse ambassade, Tiffany Miller, verduidelik dat die missie van OHDACA is om humanitêre bystand te finansier om die kapasiteit van ander lande te bou om voor te berei vir en te reageer op humanitêre krisisse.
“Hierdie ten volle toegeruste intensiewesorgeenheid is ’n mobiele en selfstandige stelsel.
“Dit voorsien die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste van ’n hulpbron wat gebruik kan word om die plaaslike bevolking in Walvisbaai te ondersteun of kan uitmekaar gehaal, geskuif en weer binne ’n kwessie van dae in afgeleë gebiede aanmekaar gesit word,” het sy gesê.
Miller het verduidelik dat die eenheid selfonderhoudend is met kragopwekkers, water- en rioolstelsels en lugverkoeling.
“Die eenheid het ook medisynevoorraad ter waarde van N$600 000 om te verseker dat die ICU onmiddellik gereed is.
“’n Span Namibiese personeel, insluitend dokters en verpleegsters van die ministerie is opgelei in alle aspekte van die ICU sowel as die mediese toerusting in die ICU.”
BYDRAE
Miller het ook gesê dit is die eerste van vier skenkings oraloor Namibië.
“Hierdie skenkings sluit ’n vyfbed-ICU op Otjiwarongo in, asook twee veldhospitale op Outapi en Katima Mulilo, elk met ’n negatiewe druk-isolasiefasiliteit (30 beddens) en ’n VN vlak 1-kliniek vir dringende mediese sorg. Die waarde van die skenkings beloop meer as N$128 miljoen,” het sy gesê.
Die ministerie van gesondheid se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, sê hierdie eenheid word op ’n belangrike tydstip geïmplementeer weens die feit dat die ministerie tans besig is om die kapasiteit van gesondheidsgeriewe landswyd te vergroot.
“As gevolg van Covid-19 het ons sowat 23 ICU-beddens in Onandjokwe, Oshakati, Katutura-hospitaal en Windhoek Sentrale Hospitaal gehad. Daar was geen ander ICU-beddens in staatsgesondheidsgeriewe nie, en ons het besef dat daar ’n ernstige leemte was.”
Hy het gesê dat die ministerie daartoe verbind is om finansiering van die staat te kry om die tekort aan ICU-beddens by die staat se 34 distrikshospitale te takel.
“Wanneer hierdie projek voltooi is, sal ons nie minder nie as 200 ICU-beddens hê. Ons weet dat ons dienste nader aan die mense moet bring en ons is opreg dankbaar vir al die ondersteuning wat ons ontvang om ons kapasiteit te verhoog.”
Hy het verduidelik dat Walvisbaai staatsgefinansierde ICU-kapasiteit sal hê nie asook bykomende ICU-fasiliteite.
“Die vraag na ICU-dienste het merkwaardig gegroei. Baie pasiënte wat intensiewe sorg benodig, moes na Windhoek oorgeplaas word.
“Die lang afstande bring aansienlike risiko’s. Die langafstand-oorplasings plaas nie net druk op ons gesondheidshulpbronne nie, maar plaas bykomende stres op pasiënte en hul families.
“Die vestiging van ’n volledig toegeruste ICU-fasiliteit hier op Walvisbaai sal hierdie uitdagings verminder en verseker dat kritieke sorg toeganklik en betyds is.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie