Vullishoop by hospitaal ’n oogseer

Henriette Lamprecht
Opgehoopte vullis by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se sentrum vir geestesgesondheid by die Windhoek Sentrale Hospitaal, is nie net ’n oogseer nie, maar hou ook ’n gesondheidsgevaar vir pasiënte in. Die sentrum is ’n onderafdeling van die hospitaal en is tussen die kraamafdeling en die mediese skool geleë en bestaan al sedert 1903. Van vullissakke tot kartonne is bloot hier gestort en word volgens ’n bron al vir weke nie verwyder nie. Mense is ook al gesien waar hulle in die vullissakke krap wat enkele meter van ’n vraghouer is waaruit ’n sopkombuis bedryf word. Die gebrek aan instandhouding van die terrein wat ook oorgroei is met bosse en gras, sluit ook die pad in wat vol gate en stukkend is. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer