Wêreldbekende in narkose by jaarlikse kongres
Direkteur by universiteitshospitaal in Frankfurt
Prof. Kai Zacharowski se navorsings-, onderrig- en konsultasiebelangstellings is in beide kliniese en basiese aspekte van onder meer pasiëntveiligheid, sowel as bloedstolling en -bestuur.
Henriette Lamprecht - Toekomstige samewerking tussen die Frankfurt-universiteitshospitaal en die Erongo Mediese Groep (EMG) sal bespreek word tydens die deelname van ’n wêreldbekende mediese professor in Duitsland aan die Namibiese Vereniging vir Narkotiseurs (ASN) se derde jaarlikse kongres in Windhoek, wat in Augustus plaasvind.
Prof. Kai Zacharowski is sedert 2009 die direkteur van die departement narkose, intensiewesorggeneeskunde en pynterapie by die universiteitshospitaal in Frankryk.
Sy navorsings-, onderrig- en konsultasiebelangstellings is in beide kliniese en basiese aspekte van pasiëntveiligheid, pasiëntbloedbestuur en stolling, data in narkose en intensiewesorgmedisyne, aangebore immuniteit, sowel as kardiovaskulêre en kritiekesorgmedisyne.
Sedert 2016 is hy een van die min lede van die oudste akademie vir wetenskap in die wêreld, Leopoldina.
Sy wetenskaplike bydraes word in joernale soos Nature Medicine, Lancet en Proceedings of the National Academy of Science gepubliseer.
Zacharowski het reeds verskeie toekennings vir innoverende kliniese navorsing ontvang waaronder die Exzellenz-toekenning in 2021, sowel as die Future Medicine Science-toekenning in 2020.
Hy is tans hoofredakteur van die Current Opinion of Anesthesiology en die joernaal vir Anaesthesia & Intensive Care Medicine, sowel as ’n redaksielid van talle vaktydskrifte in Critical Care Medicine, Emergency Medicine and Anesthesia en is ook die uitvoerende hoof van die Lohfert-stigting en die PBM-stigting.
Beatrice Retzlaff, ’n praktiserende narkotiseur in die Erongostreek en ook ’n kliniese konsultant by die Welwitschia-hospitaal op Walvisbaai wat nou saam met Zacharowski in Duitsland gewerk het, is betrokke by die reëlings van vanjaar se kongres wat vanaf 8 tot 10 Augustus in Windhoek aangebied word.
Retzlaff het vir jare in die Duitse gesondheidsorgstelsel as ’n registrateur in hartchirurgie en later narkose gewerk waarin sy gegradueer en gespesialiseer het. Tydens haar opleiding as ’n registrateur in narkose het sy by die universiteitshospitaal in Frankfurt onder die leiding van Zacharowski gewerk.
“Sedert ek in Januarie 2023 na Namibië geïmmigreer het, bly ek daartoe verbind om dienste en sorg van die hoogste standaard in die Namibiese gesondheidsorgbedryf te voorsien,” sê Retzlaff.
Haar rol by die Welwitschia-hospitaal sluit in die opdatering en volle gebruik van standaard operasieprosedures en prosesse, terwyl sy ook ’n lid van die hospitaal se bestuurskomitee is.
Met verwysing na EMG, sê Retzlaff dit is verbind tot die verskaffing van omvattende mediese sorg wat spesifiek op die behoeftes van die gemeenskap gerig is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie