Foto ter illustrasie. FOTO ARGIEF
Foto ter illustrasie. FOTO ARGIEF

Wetsontwerp sit alle gesondheidsberoepe onder een sambreel

Enkele raad vervang vyf
Volgens 'n kategorie sal die nuwe praktisyns vir 'n spesifieke tydperk uitgeplaas word waar hul dienste die meeste benodig word, alvorens hulle onafhanklik kan praktiseer
Henriette Lamprecht - Die wetsontwerp vir die raad vir gesondheidsberoepe in Namibië maak voorsiening vir ‘n enkele raad wat die huidige vyf sal vervang. Die raad sal as ‘n sambreelliggaam dien om gesondheidslui in Namibië te reguleer en te beheer.

Dr. Esther Muinjangue, president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo) het tydens haar bydrae tot die wetsontwerp gesê tans is daar vyf rade vir gesondheidslui wat elkeen sy eie wet het. Dit sluit in die raad vir verwante gesondheidslui (15 lede), die mediese en tandheelkundige raad (12 lede), asook die rade vir verpleegsters, aptekers, maatskaplike werkers en sielkundiges wat elk agt lede het. Dit beteken die huidige raad het ‘n totaal van 51 lede wat volgens Muinjangue “te groot” is. Dit beteken daar is vyf wette wat tans deur die sekretariaat administreer word. Die wetsontwerp poog om vyf wette wat byna dieselfde gelees het, in een wet te vervat Sodra die raad ingestel is, sal dit volgens Muinjangue die magte en funksies van die bestaande vyf rade uitvoer en verrig.

“Die wetsontwerp stel 'n eenheidsgebonde owerheid voor vir alle gesondheidsberoepe in Namibië voor, sonder dat hulle hul identiteit en funksies verloor om sake te hanteer wat beroepspesifiek is,” het sy verduidelik.

Die veranderinge aan die struktuur sal administrasie vervolgens vergemaklik, omdat daar net een registrateur en een sekretariaat vir alle gesondheidslui sal wees.

“Ek wil glo dat dit meer kostedoeltreffend en doeltreffend sal wees omdat die nuwe raad uit 11 lede in die plek van die huidige 51 lede sal bestaan.”

Die wetsontwerp sal voorts sorg vir doeltreffende samewerking tussen verskillende gesondheidsprofessies deur die gesamentlike aanstelling van komitees wat kwessies soos onder meer etiek hanteer. Dit fokus ook op die lisensie-regime vir praktisyns wat kliniese sorg aan pasiënte verskaf en ook die hernuwing daarvan wat gekoppel word aan die handhawing van aanvaarbare professionele kennis en vaardighede. Laasgenoemde is noodsaaklik om welstand van kliënte en pasiënte van diensverskaffers te beskerm.

Volgens Muinjangue kan die huidige vyf rade finansiële hulpbronne mobiliseer om finansiering van tesourie te ondersteun. Rade moet egter ook bykomende geld insamel om hul bedrywighede te ondersteun.

“Sommige van hierdie rade is finansieel gesond, veral die met meer lidmaatskap. Die verpleegstersraad van Namibië het byvoorbeeld ‘n beduidende aantal lede en is in ‘n baie beter posisie om fondse te genereer deur hul lidmaatskapfooie en wat die raad in staat stel om sy werksaamhede te finansier.”

Dit is egter volgens Muinjangue nie die geval by al die rade nie en onder meer die vir maatskaplike werkers en sielkundiges. Laasgenoemde is weens ‘n beperkte aantal maatskaplike werkers en sielkundiges en hang van die jaarlikse toelaag van die regering af.

“Die wetsontwerp sal die beroepe in staat stel om hul hulpbronne saam te bind, sodat selfs die beroepe met ‘n kleiner getal lede die vermoë het om klagtes van wanpraktyke van die publiek te kan ondersoek.”

Muinjangue het ook verwys na die ernstige tekort aan menslike hulpbronne in die gesondheidsbedryf, met die wetsontwerp wat ‘n nuwe kategorie vir verpligte staatsdiens vir nuut-geregistreerde praktisyns het. Volgens die kategorie sal die nuwe praktisyns vir ‘n spesifieke tydperk uitgeplaas word waar hul dienste die meeste benodig word, alvorens hulle onafhanklik kan praktiseer. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.33 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.9 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.91 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 544.96/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 857.30/T UP 2.57% | Brent Crude Oil US$ 72.04/BBP UP +1.30% | Platinum US$ 964.98/OZ UP +1.16% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.33 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.9 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.91 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 544.96/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 857.30/T UP 2.57% | Brent Crude Oil US$ 72.04/BBP UP +1.30% | Platinum US$ 964.98/OZ UP +1.16%