Wêreldfisioterapiedag plaas kollig op laerugpyn

Tekort aan mense in dié beroep in Namibië
Fisioterapeute word oor etlike jare opgelei om 'n volledige kennis van die liggaam op te doen en vaardighede te leer om 'n wye reeks probleme te hanteer.
Kristien Kruger
Fisioterapeute van oraloor die wêreld verenig jaarliks op 8 September om dié beroep te vier en te erken.

Die Namibiese Vereniging van Fisioterapie (NSP) sluit met trots by die wêreldgemeenskap aan om Wêreldfisioterapiedag te vier onder vanjaar se tema van laerugpyn.

Die inisiatief van dié dag word gedryf deur World Physiotherapy wat ’n wêreldwye liggaam is en meer as 600 000 fisioterapeute en organisasies uit meer as 128 lande verteenwoordig. Die NSP is ’n lid van World Physiotherapy en verteenwoordig byna 140 geregistreerde fisioterapeute landswyd.

“Fisioterapeute in Namibië is die onbesonge helde wat onvermoeid agter die skerms werk om mobiliteit te herstel, pyn te verlig en die lewensgehalte vir behoeftiges te verbeter,” het die voorsitter van die NSP, Christine Nashenda, gesê.

Fisioterapeute is kundiges in die ontwikkeling en instandhouding van mense se vermoë om deur hul leeftyd te beweeg en te funksioneer.

Met ’n gevorderde begrip van hoe die liggaam beweeg en wat dit verhoed om goed en doeltreffend te beweeg, bevorder hulle mense se welstand, beweeglikheid en onafhanklikheid. Hulle behandel en help om talle probleme wat veroorsaak word deur pyn, siekte, gestremdheid en siekte, sport en werkverwante beserings, veroudering en onaktiwiteit te voorkom.

Fisioterapeute word oor etlike jare opgelei, wat hulle ’n volledige kennis van die liggaam, stelsels en die vaardighede gee om ’n wye reeks probleme te hanteer.

Hierdie opleiding is gewoonlik universiteits-gebaseer, op ’n vlak wat fisioterapeute toelaat om onafhanklik te praktiseer.

Dit word ook aanbeveel dat fisioterapeute met voortgesette opleiding moet voortgaan om te verseker dat hulle op hoogte bly van die jongste vooruitgang in navorsing en praktyke.



FISIOTERAPIE IN NAMIBIË

In Namibië het fisioterapeute beduidende vordering gemaak om die veld van fisioterapie en rehabilitasie te bevorder.

Die Universiteit van Namibië (Unam) het ’n Baccalaureus Scientiae-gebaseerde fisioterapieprogram van stapel gestuur, wat sy derde groep gegradueerdes in 2024 opgelewer het.

Die doel van die program is om die ernstige tekort aan fisioterapeute landswyd in beide die openbare en private sektor te verlig.

Hoewel dié beroep ’n beduidende voordeel vir die samelewing inhou, is dit nie sonder sy uitdagings nie.

Volgens Nashenda groei die behoefte aan fisioterapeute se dienste en dit sal na verwagting in die komende jare verder groei weens die toename in die ouer bevolking en individue wat nieoordraagbare siektes (NCD) opdoen.

“NCD wat hoofsaaklik deur ’n sittende lewenstyl veroorsaak word, het bygedra tot die toename in neuromuskulêre skeletsiektes, soos meganiese laerugpyn in alle bevolkingsgroepe.

Daar is glo steeds ’n geweldige tekort aan fisioterapeute in die land en weens die fisiek veeleisende aard van die werk en die behoefte aan voldoende vergoeding om professionele persone te behou, is dit veral staatsfasiliteite wat daaronder ly.

“Die NSP wil graag hoërskoolleerlinge uit die streke aanmoedig om in hierdie rigting te studeer. Hulle glo dat gegradueerdes uit die verskillende streke meer geneig is om terug huis toe te gaan en hul beroep daar te beoefen,” meen Nashenda.

Volgens hulle is daar ook ’n behoefte aan bewusmaking oor die dienste wat fisioterapeute aanbied en neem hulle dit op hulself om bewusmaking te skep en individue by te staan in hulle reis na optimale gesondheid.

“'n Neiging wat aan die toeneem is, is dat rugpyn ’n relatief algemene simptoom by kinders en adolessente geword het,” verduidelik Nashenda.



LAERUGPYN

Vir vanjaar se Wêreldfisioterapiedag val die kollig op ’n deurdringende gesondheidskwessie: laerugpyn en hoe om dit te bestuur en te voorkom.

“Sowat 619 miljoen mense wêreldwyd sukkel met laerugpyn – dit is ongeveer een uit elke 13 individue. Dit is tyd om hierdie stille epidemie te takel,” lui ’n NSP-verklaring.

Laerugpyn is ’n probleem wat alle ouderdomsgroepe raak. Terwyl die meeste gevalle binne ’n paar weke opgelos word, kan dit langer as drie maande duur wat dan in chroniese laerugpyn verander.

“Wat interessant is, is dat 90% van laerugpyngevalle nie spesifieke oorsake het nie. Dit beteken dat daar geen enkele identifiseerbare skuldige (soos ’n gewrig, spier, ligament of skyf) is nie. Dit is nie aan enige ernstige onderliggende siekte verbind nie, maar die impak daarvan is ernstig.”

Laerugpyn kan deur ’n kombinasie van fisieke en sielkundige faktore veroorsaak word, en ’n fisioterapeut kan in staat wees om raad hieroor te gee en hoe om 'n gesonder leefstyl aan te neem.



FISIOTERAPIE SE BELANGRIKE ROL

Fisioterapeute verskaf meer as net behandeling; hulle bied ’n reddingsboei aan diegene wat met verskeie kwessies sukkel, insluitend laerugpyn.

Hulle verskaf kundige leiding deur pasgemaakte raad te verskaf wat pasiënte help om hul pyn te verstaan en die pad na herstel te navigeer. Hulle bied ook ’n holistiese benadering.

“Behalwe pynverligting, verbeter fisioterapie algemene gesondheid en welstand. Dit gaan oor meer as net rugpyn, dit gaan oor die verbetering van hulle lewens.”

Fisioterapeute help ook met die noodsaaklike proses van rehabilitasie, hetsy of die pyn akuut of chronies is. Dit is ’n belangrike stap om pasiënte te bemagtig en hulle te help om terug te keer na hul gewone leefstyl en aktiwiteite waarvan hulle hou.

’n Groot deel van vanjaar se veldtog vir die bestuur en voorkoming van laerugpyn, sluit in die aanbeveling van niechirurgiese ingrypings.

Fisioterapeute glo dat oefening die beste medisyne vir laerugpyn is en lei ook hul kliënte deur die regte oefeninge wat by hul spesifieke behoeftes aangepas is.

“Bewyse dui daarop dat oefening die doeltreffendste behandeling vir laerugpyn is. Jou fisioterapeut sal ’n oefenplan net vir jou aanpas.

“Fisioterapeute verskaf kundige raad, leiding en behandeling. Hulle sal help om jou algemene gesondheid en welstand te verbeter. Terselfdetyf verminder hulle ook die kanse op toekomstige probleme.”

Chroniese laerugpyn kan geassosieer word met gevoelens van depressie, swak leefstylgewoontes, en dra by tot ongewilligheid om aan werk en sosiale aktiwiteite deel te neem. Verskillende gesondheidswerkers, insluitend fisioterapeute, kan help om ook dié aspekte van laerugpyn te bestuur.

Fisioterapeute gebruik iets wat bekend staan as ’n biopsigososiale benadering en hiertydens word verskeie faktore in ag geneem. Dit sluit in sielkundige faktore en die emosionele en geestelik impak van die pyn wat hulle ervaar. Hulle kyk ook na sosiale faktore wat gesinslewe insluit asook watter ondersteuningstelsels die pasiënt in plek het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Vodacom Bulls 40 vs 40 Hollywoodbets Sharks XV | Fidelity ADT Lions 43 vs 34 Toyota Cheetahs XV Premier League: Wolves 1 vs 2 Newcastle | Tottenham Hotspur 0 vs 1 Arsenal | Bournemouth 0 vs 1 Chelsea | Aston Villa 3 vs 2 Everton | Manchester City 2 vs 1 Brentford | Liverpool 0 vs 1 Nottingham Forest | Fulham 1 vs 1 West Ham | Crystal Palace 2 vs 2 Leicester City | Brighton 0 vs 0 Ipswich Town | Southampton 0 vs 3 Manchester United LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 0 Valencia | Las Palmas 2 vs 3 Athletic Club | Girona 1 vs 4 Barcelona | Celta Vigo 3 vs 1 Real Valladolid | Real Sociedad 0 vs 2 Real Madrid | Sevilla 1 vs 0 Getafe | Espanyol 3 vs 2 Deportivo Alaves | Mallorca 1 vs 2 Villarreal | Real Betis 2 vs 0 Leganés SerieA: Parma 2 vs 3 Udinese | Monza 1 vs 1 Inter Milan | Cagliari 0 vs 4 Napoli | Torino 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 2 Fiorentina | Genoa 1 vs 1 AS Roma | AC Milan 4 vs 0 Venezia | Empoli 0 vs 0 Juventus | Como 2 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United Katima Mulilo: 22° | 40° Rundu: 20° | 40° Eenhana: 17° | 35° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 20° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 10° | 31° Windhoek: 10° | 28° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:42, High tide: 06:54, Low Tide: 01:25, High tide: 19:15 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 33km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:40, High tide: 06:52, Low Tide: 01:23, High tide: 19:13 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:40, High tide: 06:51, Low Tide: 01:23, High tide: 19:12 Rehoboth: 8° | 26° Mariental: 11° | 27° Keetmanshoop: 11° | 26° Aranos: 10° | 28° Lüderitz: 10° | 22° Ariamsvlei: 11° | 27° Oranjemund: 11° | 17° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 23° | 35° Lubumbashi: 16° | 38° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 20° Antananarivo: 9° | 27° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 21° | 30° Windhoek: 10° | 28° Cape Town: 11° | 17° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 17° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 22° | 35° Harare: 19° | 31° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.63 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.63 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1645.13 | USD to ZAR 17.64 | USD to ZMW 26.47 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1787.81 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30260.24 Down -0.78% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 581.72/OZ UP +0.10% | Copper US$ 4.24/lb UP +1.05% | Zinc US$ 2 961.30/T UP 0.23% | Brent Crude Oil US$ 73.23/BBP UP +1.68% | Platinum US$ 983.62/OZ DOWN -0.0112 Sport results: Currie Cup: Vodacom Bulls 40 vs 40 Hollywoodbets Sharks XV | Fidelity ADT Lions 43 vs 34 Toyota Cheetahs XV Premier League: Wolves 1 vs 2 Newcastle | Tottenham Hotspur 0 vs 1 Arsenal | Bournemouth 0 vs 1 Chelsea | Aston Villa 3 vs 2 Everton | Manchester City 2 vs 1 Brentford | Liverpool 0 vs 1 Nottingham Forest | Fulham 1 vs 1 West Ham | Crystal Palace 2 vs 2 Leicester City | Brighton 0 vs 0 Ipswich Town | Southampton 0 vs 3 Manchester United LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 0 Valencia | Las Palmas 2 vs 3 Athletic Club | Girona 1 vs 4 Barcelona | Celta Vigo 3 vs 1 Real Valladolid | Real Sociedad 0 vs 2 Real Madrid | Sevilla 1 vs 0 Getafe | Espanyol 3 vs 2 Deportivo Alaves | Mallorca 1 vs 2 Villarreal | Real Betis 2 vs 0 Leganés SerieA: Parma 2 vs 3 Udinese | Monza 1 vs 1 Inter Milan | Cagliari 0 vs 4 Napoli | Torino 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 2 Fiorentina | Genoa 1 vs 1 AS Roma | AC Milan 4 vs 0 Venezia | Empoli 0 vs 0 Juventus | Como 2 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United Weather: Katima Mulilo: 22° | 40° Rundu: 20° | 40° Eenhana: 17° | 35° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 20° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 10° | 31° Windhoek: 10° | 28° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:42, High tide: 06:54, Low Tide: 01:25, High tide: 19:15 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 33km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:40, High tide: 06:52, Low Tide: 01:23, High tide: 19:13 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:40, High tide: 06:51, Low Tide: 01:23, High tide: 19:12 Rehoboth: 8° | 26° Mariental: 11° | 27° Keetmanshoop: 11° | 26° Aranos: 10° | 28° Lüderitz: 10° | 22° Ariamsvlei: 11° | 27° Oranjemund: 11° | 17° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 23° | 35° Lubumbashi: 16° | 38° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 20° Antananarivo: 9° | 27° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 21° | 30° Windhoek: 10° | 28° Cape Town: 11° | 17° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 17° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 22° | 35° Harare: 19° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.63 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.63 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1645.13 | USD to ZAR 17.64 | USD to ZMW 26.47 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1787.81 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30260.24 Down -0.78% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 581.72/OZ UP +0.10% | Copper US$ 4.24/lb UP +1.05% | Zinc US$ 2 961.30/T UP 0.23% | Brent Crude Oil US$ 73.23/BBP UP +1.68% | Platinum US$ 983.62/OZ DOWN -0.0112