FOTO TER ILLUSTRASIE/PEXELS
FOTO TER ILLUSTRASIE/PEXELS

‘Nie net die insteek van ’n naald’

Bloed trek nou deel van konsultasie
Enige afwyking van 'n reël vereis Namfisa se goedkeuring en kan nie eensydig deur mediese fondse geïmplementeer word nie.
Henriette Lamprecht
Vanaf 1 Januarie aanstaande jaar is die trek van bloed deel van ’n konsultasie en kan dit nie meer afsonderlik gefaktureer word nie.

Dit volg nadat die Vereniging vir Mediese Fondse in Namibië (Namaf) volgens sy reëls en regulasies vir 2025 besluit het die faktuurkode 0210 word nie meer saam met ’n konsultasie toegelaat nie.

Verskeie administrateurs van mediese fondse in Namibië het, met die toestemming van Namaf, reeds beperkings op eise geplaas wat spesifieke kodes gebruik. Dié beperkings kan reeds nou en met die voorsiening van die betrokke fonds se reëls deur hulle toegepas word.

Die beperkings op betalings van geldige eise wat voldoen aan Namaf se standaardtariewe is egter gedoen sonder enige vooraf kennisgewing of bereidwilligheid om regmatige bekommernisse deur geraakte partye aan te spreek, sê die Namibiese Private Praktisynsforum (NPPF).

NPPF se uitvoerende hoof, dr. Jürgen Hoffmann, sê om bloed te trek behels dikwels pasiënte wat baie jonk, siek of bang is en “moeilike” are het.

“Vereiste protokol vir patologie, voorbereiding van monsters en vervoervereistes dra by tot die kompleksiteit. Dit onderskei die kode (0210) duidelik van ’n eenvoudige konsultasie (0101),” het hy verduidelik.

Hoffmann sê 0210 weerspieël ’n “volle, wettig vereiste protokol, nie net die insteek van ’n naald nie”.

Volgens die wet vir mediese fondse moet fondse se reëls wat deur die Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings in Namibië (Namfisa) goedgekeur is, gevolg word.

Hoffmann beklemtoon enige afwyking van ’n reël vereis Namfisa se goedkeuring en kan nie eensydig deur die fondse geïmplementeer word nie.

Hy sê ook fondsreëls verbied ook nie uitdruklik die betaling van kode 0210 nie. Bogenoemde optrede beklemtoon dus duidelik die afwesigheid van doeltreffende regulatoriese toesig vir mediese fondse en gee sodoende aan fondse beduidende vryheid om sonder verantwoordbaarheid op te tree.

Tans is daar geen dissiplinêre raamwerk wat spesifieke sanksies aandui teen fondse wat buite goedgekeurde reëls optree nie en wat volgens Hoffmann ’n duidelike gaping in die wet toon.

Mediese fondse wat weier om bona fide-eise ingevolge Namaf se riglyne vir sy standaardtariewe te betaal, tree buite hul wetlike grense op en moet aldus Hoffmann verantwoordbaar gehou word.

“Namaf se mandaat om mediese fondse te beheer, bevorder en te koördineer en die nodige regulasies te implementeer, is vir 29 jaar afgeskeep. Dit stel fondse in staat om die nodige regulering en toesig te omseil.”

Hy verwys ook na die Raadgewende Forum waarheen Namaf gesondheidspraktisyns vir insette genooi het en sê dit blyk ’n blote bemarkingsfoefie te wees wat “aan die buitekant inklusief vertoon, maar wat terme versterk tot nadeel van gesondheidspraktisyns en lede en met finansiële voordele wat hoofsaaklik na fondsadministrateurs vloei”.

“Opdragte word in fondse se reëls opgeneem, goedgekeur deur Namfisa en op lede en gesondheidspraktisyns as regverdig en gebaseer op koste afgedwing.”

Namaf het volgens hom na bewering meer as N$5,9 miljoen die afgelope drie jaar in gemagtigde fooie van gesondheidspraktisyns ingesamel. ’n Versoek vir die terugbetaling van die fooie het geen reaksie opgelewer nie.

“Die wet verleen goedkeuring aan fondse om dienste te vergoed gebaseer op tariefkodes, maar gee nie aan Namaf ’n mandaat om kliniese beheer of diagnostiese ICD-10-kodes af te dwing wat onbelangrik is om vergoeding te fasiliteer nie.”

Hoffmann sê Namaf se aandrang op ICD-10-kodes skend pasiëntvertroulikheid en oortree internasionale wette vir die beskerming van data.

“Alle onlangse Namaf-opdragte aan fondse, sowel as dié wat op 1 Januarie in werking tree behoort tersyde gestel te word ten gunste van die huidige status quo totdat die betrokke wetgewing uitgevaardig word om die belange en regte van lede en gesondheidspraktisyns te beskerm.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 28° Rundu: 21° | 33° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 19° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 17° | 34° Keetmanshoop: 16° | 34° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 15° | 34° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 17° | 29° Antananarivo: 16° | 28° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 37° Windhoek: 19° | 31° Cape Town: 18° | 24° Durban: 22° | 31° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 26° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!