’n Lewe met demensie
Behandeling sonder medikasie ondersoek
'n Gevallestudie deur ADN vertel die storie van 'n demensielyer wat leer om sonder medikasie klaar te kom.
“Ek is bly dat Magda* nou van mekasie af is, want die mediasiw weer bein want die mediksie tas my rei (brein) ook aan Magda wa soos in tronk (sic.),” skryf ’n demensielyer ná nege weke wat sy by Alzheimers Dementia Namibië (ADN) van haar medikasie gespeen is.
ADN sê in die voorwoord van die gevallestudie dat verskeie simptome van demensie nie deur die toestand veroorsaak word nie, maar eerder die newe-effekte van medikasie is.
Toe Magda eers begin het om sonder haar medikasie klaar te kom was sy swak en kon nie loop nie. Sy was onstabiel op haar voete en kon maklik val, dus moes ’n versorger oral saam met haar loop.
Sy kon nie woorde vorm nie en wanneer sy ander se woorde herhaal het, kon sy dit slegs fluister. Magda het ’n yslike eetlus gehad en het by tye ander inwoners by ADN se sentrum buite Swakopmund se borde gegryp. Sy was lief daarvoor om met haar bal te speel en interaksie met die versorgers by die sentrum te hê.
Teen haar tweede week by ADN was Magda reeds sterker en het sy duideliker gepraat. Sy het vir water begin vra en op haar selfoon gepraat. Sy het begin om vir die personeel by ADN te sê wanneer sy nie lekker voel nie en dankie gesê wanneer hulle vir haar iets gebring het om te eet of drink.
In haar derde week by ADN is die meerderheid van Magda se medikasie met die helfte verminder en is daar ’n verandering in haar eetlus opgemerk. Magda het ’n meer normale eetlus en het met die personeel begin gesels. Sy kan self badkamer toe gaan, maar ’n versorger vergesel haar nog steeds.
Dié Dinsdag skryf sy haar naam en van en toe sy gevra is hoe oud sy is, antwoord sy dat sy 102 jaar oud is. Die volgende dag het sy vir mieliepap gevra en dit geëet en daardie Vrydag omstreeks 02:00 het sy wakker geword en gevra om na buite te gaan. Toe die personeel verduidelik dat dit nog nag is, het sy verstaan en weer gaan slaap.
Magda het in haar vierde week ’n perskepit self weggegooi nadat sy die perske geëet het en die volgende dag self ’n lemoen geskil.
Die volgende dag het Magda weer haar naam geskryf en toe sy gevra is wat vir aandete is, het sy “mieliemeel” uitgeskryf. Teen die einde van die week het sy met ’n besem begin vee en het baie meer geloop en met haar bal gespeel. Sy het in hierdie week ook kort afstande op haar knieë begin loop voor sy weer opgestaan en normaal geloop het.
Aan die begin van die vyfde week word twee van haar verskeie medikasie heeltemal gestop en in hierdie week begin sy vra om na “Mamma Martha” in Suid-Afrika toe te gaan. Haar ma se naam was Martha. Sy het later in die week foto’s vir die personeel gewys en gesê wie die mense in die foto’s is en stories van die verlede vertel.
MOEGHEID
Daardie Saterdag het Magda baie duideliker begin praat en gesê dat die medikasie wat sy voorheen gekry het haar baie moeg laat voel het.
Haar familie het gesê dat dit die eerste keer in ongeveer ’n jaar was wat sy behoorlik kon praat. Toe personeel vra hoekom sy op haar knieë loop, het sy verduidelik dat sy vir hulle wou wys hoe sy geloop het toe sy nog baie medikasie gedrink het.
Sy het stories gedeel van haar grootwordjare en gesê sy het brood gebak en roomys verkoop. Sy het ook gevra dat personeel saam met haar bal speel en gesê sy onthou hoe hulle vir haar geleer het om bal te speel toe sy nie kon praat nie.
Tydens haar sesde week by ADN het Magda begin om te “tik” asof sy op ’n rekenaar tik. Haar familie het bevestig dat sy baie getik het in haar werk. Haar niggie het die Donderdag vir haar kom kuier en hoewel Magda haar nie herken het nie, het Magda vir haar ’n blom in die tuin gepluk.
Die Saterdag bring ADN vir Magda ’n skootrekenaar. Sy het dit herken en daarop begin tik. Sy onthou vorige selfdoodpogings en sê sy weet nie hoekom sy dit wou doen nie.
Gedurende week sewe wil Magda nie meer vaste kos eet nie en die span by ADN bepaal dat sy tandpyn het. Daardie Sondag sê sy dat haar tand pyn.
Aan die begin van week agt is al Magda se medikasie gestop, met die uitsondering van een wat angs en senuweeagtigheid behandel.
Die Dinsdag begin Magda mense klap en wys na die regterkant van haar mond.
Personeel identifiseer angs in haar en sê sy is duidelik in ’n toestand van psigose. Sy het teen daardie Sondag om verskoning gevra dat sy mense geslaan het en gedink sy is in die moeilikheid.
GLIMLAG
Aan die begin van week nege kla Magda nog dat haar mond seer is, maar wanneer personeel haar inlig dat sy die volgende dag tandarts toe sal gaan, lyk sy rustiger.
Sy het in hierdie week vir die eerste keer geglimlag. Een van die simptome van ’n vorm van demensie wat sy het, is ’n uitdrukkinglose gesig (“poker face”). ’n Skootrekenaar word weer aan haar verskaf en hier tik sy die boodskap wat verduidelik dat sy bly is om van die medikasie gespeen te wees.
By die tandarts die volgende dag is Magda geselserig in die wagkamer. Sy komplimenteer vroue wat mooi aangetrek is en praat oor die personeel se grimering en kleredrag. Sy sê dat sy nie mooi klere het nie en haar grimering nie gedoen is nie.
Personeel lei af dat voorkoms vir Magda belangrik is en kry vir haar naelpolitoer. Toe sy weer by die sentrum aankom het sy verduidelik dat sy nie daar wil wees nie en eerder by Omeya buite Windhoek wil wees waar haar man is.
Sy het later haar man en twee dogters gebel en vir 45 minute met een van haar dogters oorsee gepraat.
Aan die begin van week tien ontvang Magda glad nie meer medikasie nie. Haar man het vir haar kom kuier en sy het duidelike gesprekke met hom gevoer. Die volgende dag moet sy teruggaan na die tandarts vir ’n prosedure. Haar man was teenwoordig en sy het herhaaldelik vir hom gesê sy is lief vir hom en dat hy by haar moet kom lê.
Die tandarts moet sewe tande trek waarvan drie erge infeksie gehad het. Die volgende dag het sy weer begin vaste kos eet, maar het steeds ook vloeistowwe vir voeding ingeneem.
Teen die einde van daardie week het haar niggie weer kom kuier en haar op ’n uitstappie na Swakopmund geneem. Hier het die eienaar van ’n koswaentjie vir Magda en haar niggie gratis calamari gegee.
Die volgende week begin deel sy komplimente uit aan ander mense by ADN. Sy vra om verskoning dat sy so baie kla en sê al die ander is positief en sy is negatief.
Sy gaan later weer op ’n uitstappie na Swakopmund en geniet daar ’n koeldrank en vra om terug te gaan na die koswaentjie om die vrou te bedank. Sy het die vrou bedank en hulle het oor die besigheid gesels. Magda het later saam met ’n personeellid van ADN langs die strand en op die jetty gaan stap. Sy het gevra vir ’n cappucino en voor hulle na ADN teruggekeer het, het sy by ’n perdeplaas gaan kuier.
Teen die einde van die week begin sê sy dat niemand haar wil kom sien nie, en dat niemand van haar sal hou nie omdat sy gedurig kla. Die volgende dag het sy saam met twee inwoners gesit en inkleur.
In die laaste week wat in die gevallestudie opgeskryf is, probeer personeel om saam met die familie maniere te vind om Magda se lewensgehalte te verbeter.
Die familie kan haar meer gereeld op uitstappies neem en sy kan selfs by geliefdes gaan oorslaap. Virtuele realiteit kan die buitewêreld nader aan haar bring, maar meer navorsing is nodig.
– [email protected]
* Magda is nie die pasiënt se regte naam nie. Haar identiteit word weerhou weens sensitiewe inligting in die berig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie