‘Ek is nou in wese staatloos’

Vrou in hofstryd met ministerie vir burgerskap
Ondanks die feit dat sy in Namibië gebore is, haar lewe lank hier woon en reeds 'n Namibiese identiteitsdokument en verskeie paspoorte gehad het, het die ministerie onlangs besluit Janine van Wyk is nie 'n Namibiese burger nie.
Kristien Kruger
“Dit is onbegryplik dat die ministerie besluit het ek is nie ’n burger van die land waarin ek gebore is nie. Dit het ’n groot impak op my lewe en ek voel soos ’n onwettige immigrant in my geboorteland en waar ek al my lewe lank woon.”

So lui die verklaring van Janine van Wyk, ’n 33-jarige onderwyseres van Swakopmund, wat die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit hof toe gesleep het nadat hulle geweier het om haar paspoort te hernu.

“My geboortesertifikaat en identiteitsdokumente wat deur die ministerie uitgereik is, het niks beteken nie aangesien dit nie ’n bewys is dat ek ’n Namibiese burger is nie.

“Dit is ten spyte van die feit dat my identiteitsdokumente my status as ’n burger van Namibië toon,” beweer Van Wyk in haar verklaring wat in Junie vanjaar by die hoërhof in Windhoek ingedien is.

In haar aansoek versoek sy die hof om ’n bevel uit te reik wat die ministerie se besluit dat sy nie ’n Namibiese burger is nie, tersyde stel. Sy eis verder dat die hof die ministerie verplig om haar as ’n Namibiese burger te verklaar.

Hoewel die ministerie reeds aangedui het dat hy die saak gaan teenstaan, is geen beantwoordende verklarings al ingedien nie en is die saak tot 13 November uitgestel.

Van Wyk verduidelik in haar verklaring dat sy haar hele lewe al in Namibië woon en geen bande met Suid-Afrika of enige ander land het nie.

“Ek is nou in wese staatloos.”



AGTERGROND

Beide haar ouers is Suid-Afrikaners en het in November 1990 na Namibië verhuis om haar oupa te help om ’n ammunisiefabriek (Namib Arms and Ammunition) te bou.

“In daardie stadium was my ma swanger met my en ek is op 20 Maart 1991 op Keetmanshoop gebore.”

In Mei 1991, ná Van Wyk se geboorte, is haar pa ’n tydelike verblyfpermit toegestaan om vir Namib Arms and Ammunition te werk. Op grond van haar pa se werkspermit, is Van Wyk en haar ma ook tydelike verblyfpermitte toegestaan.

In 1992 is die konstruksie aan die fabriek gestaak en het die gesin na Koës getrek waar haar pa by ’n lodge begin werk het.

In Julie 1994 het Van Wyk se ouers permanente verblyfpermitte ontvang en hulle woon steeds in Namibië.



DOKUMENTE

Volgens Van Wyk het sy in Februarie 2018 haar eerste Namibiese identiteitsdokument (ID) gekry.

“Ek is al verskeie kere ’n Namibiese paspoort uitgereik sonder enige kwessies. My laaste paspoort het op 2 November 2022 verval,” sê sy.

Dit was egter toe Van Wyk in 2023 saam met haar skool se hokkiespan na Suid-Afrika moes toer en sy haar paspoort wou laat hernu, waar sy ’n onverwagse struikelblok getref het.

“Ek is ingelig dat ek moet bewys dat my ouers ten tyde van my geboorte in Namibië woonagtig was en ek is aangesê om te wag vir goedkeuring deur die ‘Ordinary Residence Committee’ voor ’n paspoort aan my uitgereik kon word.

“Aangesien daar nie genoeg tyd was voordat ek na Kaapstad moes vertrek om vir ’n besluit te wag nie, is ’n tydelike ‘bruin’ paspoort, geldig vir een jaar, aan my uitgereik.”

Van Wyk is in Maart vanjaar in kennis gestel dat die ministerie besluit het sy is nie ’n Namibiese burger op grond van haar geboorte in die land nie omdat haar ouers geen bewys van wettige verblyf gehad het ten tyde van haar geboorte nie.

“Ek was verstom om te hoor dat ek nie ’n Namibiese burger is nie, al is ek in Namibië gebore en ek my hele lewe lank hier woon.

“Ons het ywerig gesoek na enige dokumentêre bewyse dat my ouers wettig en/of gewone inwoners in Namibië was ten tyde van my geboorte, maar daar is nie.”

In haar verklaring hou Van Wyk vol dat haar ouers nie onwettige immigrante was ten tyde van haar geboorte nie.

“Dit is nie ’n geval waar ’n swanger toeris na Namibië gekom het en geboorte geskenk het terwyl sy Namibië besoek het nie. My ouers het ten tyde van my geboorte op ’n permanente basis in Namibië gewoon,” beweer Van Wyk en voeg by dat haar ouers na Namibië gekom het met die bedoeling om dit hulle permanente tuiste te maak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.49 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.81 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.51 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 590.01/OZ UP +1.20% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.85% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.73/BBP UP +2.37% | Platinum US$ 986.22/OZ UP +1.93% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.49 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.81 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.51 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 590.01/OZ UP +1.20% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.85% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.73/BBP UP +2.37% | Platinum US$ 986.22/OZ UP +1.93%