‘Konkelry in sementbedryf’ oopgevlek

Bereik skikkingsooreenkoms van N$5 m.
Die Mededingingskommissie se ondersoek vlek beweerde monopolistiese transaksies oop.
Augetto Graig
Die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) het Woensdag sy skikkingsooreenkoms teen entiteite wat betrokke is by die Cheetah Cement-aanleg net buite Otjiwarongo aangekondig.

Die kommissie het met Fan Qingmei, Wang Zhongke, Hong Xiang Holdings (HXH) en Whale Rock Cement geskik vir N$5 miljoen nadat ’n ondersoek aan die lig gebring het dat hulle glo ’n samesmelting bewerkstellig het sonder die kommissie se toestemming.

Die skikking is gister in die hoërhof afgehandel en die saak wat die kommissie teen die beskuldigdes gemaak het, is van die rol geskrap.

In die saak het die kommissie die hof genader om ’n boete van N$16,368 miljoen teen Qingmei, Zhongke, HXH en Whale Rock te beveel.

Die kommissie was van mening dat die hof die beskuldigdes moet beboet omdat hulle nooit ’n kooptransaksie tussen Qingmei en Zhongke vir die eienaarskap van HXH aangemeld het nie en dat besonderhede oor die transaksie nooit verskaf is nie.

Luidens die beëdigde verklaring van die kommissie se uitvoerende hoof, Vitalis Ndalikokule, het die kommissie eers in 2020 van die transaksie, wat reeds in 2019 plaasgevind het, uitgevind.

Die kommissie het bewus geword van die transaksie tydens hul ondersoek na die transaksie tussen West China Cement en Schwenk Namibia vir eienaarskap van Namibië se enigste ander sementaanleg – Ohorongo Cement.

Die kommissie het die Ohorongo-transaksie in Junie 2020 afgekeur.



ONDERSOEK ‘ONDERDRUK’

Ndalikokule sê die HXH-transaksie is in Julie 2020 bevestig deur korrespondensie van Whale Rock se uitvoerende hoof en 10%-aandeelhouer, Zedekias Gowaseb.

Whale Rock Cement is in 2017 gestig met Gowaseb as 'n 10%-aandeelhouer en 90% in die besit van Shaanxi Hengyuda Building Materials wat aan Qingmei behoort het. In dieselfde jaar het Shaanxi sy aandeel in Whale Rock aan sy eie filiaal, HYD Namibia Investment, verkoop.

HYD het daarna 20% aan Xian Tiexing Industry verkoop en 70% van Whale Rock behou. Xian het toe sy 20% terug aan Ament Investment Management verkoop.

In Oktober 2018 is HYD se oorblywende 70% aan HXH verkoop, voordat dieselfde 70% in 2019 aan Zhongke verkoop is. Besonderhede van laasgenoemde transaksie is glo nie tot vandag aan die kommissie verskaf nie.

Die kommissie se ondersoek het egter bevind dat Qingmei se eggenoot die eienaar van West China Cement is. Volgens Ndalikokule kon die HXH-transaksie die familie se beheer oor Cheetah Cement probeer versteek het tydens die poging om Ohorongo ook te koop.

“Die partye het doelbewus probeer om die ondersoek te onderdruk,” lui Ndalikokule se verklaring.

Hy het ook daarop gewys dat Zhongke, Quinmei, haar man en haar seun almal aandeelhouers van Shaanxi is.

Sonder die Wes-China Cement- en Schwenk-transaksie se ondersoek sou die kommissie nooit van die HXH-transaksie geweet het nie, volgens Ndalikokule.



OOREENKOMS GLO VERBREEK

Ndalikokule se verklaring is reeds op 15 Oktober 2022 by die hof ingedien en in Februarie vanjaar het Gowaseb in reaksie daarop ’n verklaring ingedien.

Gowaseb betwyfel in sy verklaring dat die HXH-transaksie ooit werklik plaasgevind het, want so ’n transaksie sou glo teenstrydig met die aandeelhouersooreenkoms wees.

“Ek en die oorblywende aandeelhouers sou geregtig wees om die aandele te koop,” het hy gesê en bygevoeg dat hy ook nou regstappe oorweeg om die beweerde transaksie tersyde te laat stel.

Gowaseb voer ook aan dat nie Qingmei, Zhongke of HXH ooit in Namibië geregistreer was nie. HXH is in Mauritius geregistreer.

Whale Rock Cement het teen die einde van 2020 met ’n omset van N$355 miljoen gespog, en bates ter waarde van N$1,48 miljard. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.43 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.84 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 590.20/OZ UP +1.20% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.84% | Zinc US$ 2 943.50/T UP 0.17% | Brent Crude Oil US$ 74.83/BBP UP +2.51% | Platinum US$ 989.18/OZ UP +2.23% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.43 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.84 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 590.20/OZ UP +1.20% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.84% | Zinc US$ 2 943.50/T UP 0.17% | Brent Crude Oil US$ 74.83/BBP UP +2.51% | Platinum US$ 989.18/OZ UP +2.23%