‘Parkeeroortreder’ kry N$100 000
‘Soos ’n dier geslaan’
'n Groep sekuriteitswagte het glo 'n man aangerand nadat hy op 'n parkering vir noodvoertuie geparkeer en geweier het om sy voertuig te skuif.
’n Man wat sy voertuig in Julie 2022 in ’n ambulans-gereserveerde parkering by die ingang van die Katutura-staatshospitaal geparkeer het, ontvang nou N$100 000 nadat vyf sekuriteitswagte hom daarna aangerand het.
Die hoërhof in Windhoek het vandeesweek uitspraak gelewer en beveel dat die sekuriteitsmaatskappy, Vicmac Security Services, vergoeding aan Nestory Shatjohamba moet betaal.
Die aanranding het plaasgevind nadat Shatjohamba sy voertuig in die noodparkering geparkeer het en die sekuriteitswag sy voertuig se band wou sluit (clamp).
Die wag het hom glo talle kere gevra om sy voertuig te skuif. Shatjohamba het hom egter probeer oortuig dat hy net vinnig ’n kombers vir ’n pasiënt by ontvangs wil aflaai.
Shatjohamba het self tydens hofverrigtinge erken hy het die sekuriteitswag, Sakaria Ashipala, gestamp toe hy sien sy voertuig se band gaan gesluit word.
Hy het egter getuig meer as een wag het daarna gekom en hom geskop en geslaan terwyl hy op die grond gelê het. Hy het ook aangevoer hy is met ’n staalpyp geslaan en het aanvanklik N$300 000 van die sekuriteitsmaatskappy geëis vir die onwettige aanranding.
As gevolg van die aanranding het Shatjohamba glo ernstige beserings opgedoen, insluitend verskeie kneusplekke aan sy arms, bene, rug en kop en hy het vir sy veiligheid gevrees en het getraumatiseerd en verneder gevoel.
Die aanranding het voor lede van die publiek plaasgevind en gevolglik is ’n video opgeneem wat op sosiale media versprei is.
Shatjohamba meen hy het verneder gevoel om “soos ’n gevaarlike dier geslaan te word”.
Hy is ná die aanranding na die hospitaal geneem en is die volgende oggend ontslaan.
Shatjohamba meen sy weergawe word ondersteun deur die videobeeldmateriaal en gesondheidspaspoort wat as bewysstukke by die hof ingedien is.
WAGTE GETUIG
Ashipala en een van die ander wagte wat glo die voorval aanskou het, het ontken dat die aanranding plaasgevind het soos Shatjohamba dit beskryf het.
In teenstelling met Shatjohamba se weergawe, het Ashipala aangevoer dat hy die een was wat sonder rede aangerand is.
Hy het getuig Shatjohamba het hom gestamp en hy het op die grond geval, waarna Shatjohamba hom na bewering geslaan het.
“[Ashipala] het getuig dat hy nie weerwraak geneem het nie aangesien hy gewoond was aan slegte behandeling deur lede van die publiek.
“Hy het voortgegaan en die wag het op die punt gekom waar hy verneder gevoel en besluit het om homself te verdedig en terug te slaan,” lui die uitspraak.
Ashipala het verder getuig dat een van sy kollegas, ’n polisiebeampte en ’n ambulansbeampte die bakleiery beëindig het.
UITSPRAAK
Regter Shafimana Ueitele het in sy uitspraak bevind Vicmac Security Services moet Shatjohamba N$100 000 betaal – N$50 000 vir pyn en lyding, N$30 000 ten opsigte van contumelia en N$20 000 vir tydelike verlies van lewensgeriewe.
“Die beserings wat die eiser oor sy hele liggaam opgedoen het, spreek nie van ’n eenvoudige stoeiery nie en dit is ook nie moontlik dat die beserings die gevolg van ’n eenvoudige val kan wees nie.
“Die [sekuriteitsmaatskappy] se getuies se getuienisse is vol onversoenbare teenstrydigheid. Ek kom dus tot die gevolgtrekking dat die aanranding opsetlik en onwettig was, hetsy deur een of meer persone gepleeg,” lui die uitspraak wat Dinsdag gelewer is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie