• Tuisblad
  • Howe
  • 15-jarige glo deur haar oom aangerand, vasgeketting
The victim was found crying in the bushes by a passer-by.
The victim was found crying in the bushes by a passer-by.

15-jarige glo deur haar oom aangerand, vasgeketting

Geen borgtog vir beskuldigde
Die slagoffer se ma het haar na bewering agtergelaat in Shivute se sorg, waarna hy haar glo mishandel en vasgeketting het. Die verdagte is onmiddellik in hegtenis geneem.
Yandi Du Plessis
Enzo Amuele op Ondangwa - Die 51-jarige Joseph Shivute is gister borgtog in die landdroshof op Ondangwa geweier nadat hy glo sy 15-jarige susterskind fisiek aangerand het voordat hy ’n ketting om haar nek geplaas en dit met ’n hangslot gesluit het.

Die voorval het verlede Woensdag op die dorp Onekaku in die Oshikotostreek plaasgevind. Shivute staan tereg op ’n klag van kindermishandeling, saamgelees met die bepalings van die wet op gesinsgeweld.

Na bewering het Shivute die meisie met sy vuiste geslaan en haar oor haar hele lyf geskop. Sy het gevolglik glo ’n geswelde gesig en kneusplekke aan haar arms en hande opgedoen.

Adj. komm. Wynand Neels van die Namibiese polisie (Nampol) in die Oshikotostreek het die voorval bevestig, en gesê die slagoffer en haar oom woon in dieselfde huis.

’n Gemeenskapslid het die meisie verlede week huilend in die bosse aangetref.

NIE DIE EERSTE KEER

In ’n telefoniese onderhoud met ons susterkoerant Namibian Sun het ’n ander oom van die meisie, wat by Nampol in diens is, gesê dit is glo nie die eerste keer dat Shivute haar aangerand het nie.

“Ná konsultasie met die familielede wat daar bly, het hulle vir my gesê hy het haar by verskeie geleenthede mishandel en geboei terwyl hy haar geslaan het,” het die oom gesê.

Die polisiebeampte het gesê hy het ook soortgelyke mishandeling aan die hande van die verdagte gely toe hy net 11 jaar oud was, en hy het steeds daardie letsels aan sy lyf.

“Ek verstaan nie waarom die familielede nie die situasie by die res van die familie aangemeld het nie. Ek bly nie meer daar nie en ek was van niks bewus nie,” het hy gesê.

“Dit maak baie seer. Dit het ons familienaam geskend. Ek word as ’n polisiebeampte gespot en ek kon niks doen nie. Hy moet gestraf word.”

AGTERGELAAT

Die slagoffer se ma het haar na bewering agtergelaat in Shivute se sorg, waarna hy haar glo mishandel en vasgeketting het.

Die verdagte is onmiddellik in hegtenis geneem.

Neels het gesê die polisie was nie bewus van die vorige beweerde aanranding nie omdat dit nie aangemeld is nie.

“Ek weet nie hoekom mense sulke onmenslike dinge doen nie, veral aan hul familielede. Net die skuldiges self sal weet,” het hy gesê.

Hy het verder ’n beroep op gemeenskapslede gedoen om sulke voorvalle onmiddellik by die polisie aan te meld, en genoem dat dit nie die eerste keer is dat so ’n voorval in die streek plaasvind nie.

“Dit is ’n probleem in die streek aangesien soortgelyke sake van geslagsgeweld al voorheen aangemeld is, en ons sal voortgaan met openbare onderrig by hierdie dorpe om die situasie hok te slaan.”

Die beskuldigde het gister voor landdros Ivette-Levien Fredericks verskyn, wat die saak tot 16 Maart uitgestel het.

Shivute, wat die slagoffer daarvan beskuldig het dat sy hom geestelik mishandel en finansieel uitgebuit het, het gesê hy sal skuldig pleit en homself in die hof verdedig waar nodig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!