• Tuisblad
  • Howe
  • 24 jaar vonnis ná verkragting, ontvoering van minderjarige
Jeremia van Wyk. Foto Kristien Kruger
Jeremia van Wyk. Foto Kristien Kruger

24 jaar vonnis ná verkragting, ontvoering van minderjarige

’n Lewe van misdaad
Die man wat twee weke gelede skuldig bevind is aan verkragting en ontvoering, was voorheen in die tronk vir moord.
Kristien Kruger
Die man wat ’n vyfjarige meisie by haar skool in Windhoek ontvoer en daarna verkrag het, sal die volgende 24 jaar agter tralies deurbring.

Die 53-jarige Jeremia van Wyk het tydens sy verhoor getuig dat hy dronk en onder die invloed van dwelms was toe hy die meisie ontvoer het.

Die meisie is later by hom gevind en ’n ondersoek het getoon dat sy kneusplekke op haar privaat dele gehad het.

“Die slagoffer het ondraaglike pyn ervaar en is getraumatiseer. Daar is geen twyfel dat die beskuldigde haar lewe verwoes het nie,” het regter Naomi Shivute gister in haar uitspraak in die hoërhof in Windhoek gesê.

Van Wyk het aanvanklik skuldig gepleit, maar gesê hy het sy vinger gebruik en dat geen penetrasie plaasgevind het nie.

Die teendeel is later deur getuienisse en DNS-toetse bewys.

“Die beskuldigde het nie in sy poging geslaag om die hof te mislei nie, want DNS jok nie.

“Hy het nie skuldig gepleit omdat hy sy dade berou nie, maar omdat hy geen ander uitweg gehad het nie, want die bewyse teen hom was oorweldigend. Dit het daarom geen gewig gedra in die oplegging van die vonnis nie,” het Shivute gesê.

Die enigste versagtende faktore was Van Wyk se ouderdom en die feit dat hy reeds meer as twee jaar in aanhouding was.

Shivute het in haar uitspraak ook Van Wyk se kriminele agtergrond uitgewys. Hy is vantevore aan 20 misdade skuldig bevind, insluitend roof met verswarende omstandighede, diefstal en sodomie.

In 2002 is hy tronkstraf van 14 jaar vir moord opgelê.

“Dit bewys die beskuldigde kan nie gerehabiliteer word nie, want hy het aangehou om misdrywe te pleeg. Hy is ’n gevaar vir die samelewing en moet daarom daarvan verwyder word,” het die staat in hul finale betoë aangevoer.

“Hy het geen respek vir wette nie,” lui Shivute se uitspraak.

VONNISOPLEGGING

Op die eerste klag van verkragting, is Van Wyk tot 20 jaar tronkstraf gevonnis en op die klag van ontvoering tot sewe jaar waarvan drie jaar samelopend met die eerste klag uitgedien sal word. Hy sal daarom ’n totaal van 24 jaar se tronkstraf uitdien.

Van Wyk het in die hof gesê hy neem volle verantwoordelikheid vir sy dade. Hy het gesê hy het nie die geleentheid gekry om vir die meisie se familie jammer te sê nie.

Die ma van die meisie het in die hofsaal gesit toe die vonnisoplegging voorgelees is.

Van Wyk het ’n dogter van sy eie wat nou 19 jaar oud is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!