Aanrandingsaak: NCS pleit selfverdediging
Saak uitgestel tot 27 Maart
Nóg 'n saak teen die ministerie van veiligheid en sekuriteit oor beweerde aanranding in tronke, het verlede week in die hof gedraai.
Hoewel lede van die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) erken het dat hulle twee gevangenes van die Hardap korrektiewe geriewe geslaan en met pepersproei gespuit het, beweer hulle dit was uit selfverdediging.
Volgens Abrosius Katuta en Benny Goliath het drie NCS-lede hulle in Januarie 2021 onwettig aangerand en beide eis N$700 000 in skadevergoeding van die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit.
Die ministerie beweer in pleitstukke die gevangenes het die tronkbewaarders aangeval en dat die wagte minimum geweld gebruik het om die twee gevangenes onder bedwang te bring.
Katuta en Goliath voer egter aan dat hul arms agter hul rûe geboei is terwyl hulle in hul gesigte en mae geskop en met pepersproei gespuit is.
Na bewering het hulle verskeie seer- en kneusplekke opgedoen en het versoek om ’n dokter te sien, maar dié versoek is glo geweier.
“Dit was sodat hulle die bewyse van hul onwettige en strafregtelike optrede kon toesmeer,” lui die gevangenes se eisbesonderhede.
Dit volg ná ’n onlangse berig in Republikein oor sewe beskuldigdes, tans in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis, wat ’n saak teen die ministerie aanhangig gemaak het vir beweerde aanranding deur NCS-lede.
In dié saak beweer die eisers ook dat hulle hande agter hul rûe geboei was terwyl ’n groep bewaarders hulle geskop en geslaan het. Die eisers voer egter aan dat dit normale praktyk is. Die ministerie en NCS het nog nie pleitstukke in die saak ingedien nie.
Die huidige saak is verlede week tot 27 Maart uitgestel vir voorverhoorverrigtinge.
VERJARING
Buiten dat die ministerie die saak teenstaan en beweer dat die tronkbewaarders net hulself verdedig het, voer hulle verder aan die saak moet geskrap word op grond van verjaring.
Volgens die ministerie het die tydperk reeds verloop waarin die eisers die saak teen hulle kon aanhangig maak.
“Die saak moet binne 12 maande van die voorval aanhangig gemaak word. Die eisers beweer die aanranding het op 12 Januarie 2021 plaasgevind en die ministerie het eers op 18 Februarie 2022 die dagvaarding ontvang,” word in pleitstukke beweer.
Verder word aangevoer dat die eisers nie die nodige kennisgewing gegee het voordat hulle die saak aanhangig gemaak het nie.
“Ingevolge die wet op korrektiewe dienste is ’n skriftelike voorafkennisgewing ’n voorwaarde om ’n siviele eis teen die verweerder in te stel.”
Die ministerie versoek die hof om die eise op grond van dié twee kwessies van die hand te wys.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie