Afgetrede majoor slaag in hofeis
Regter kritiseer polisie se gedrag
Die hof het vandeesweek beslis dat die veiligheidsministerie 'n voormalige bevelvoerder van die NDF meer as N$200 000 moet betaal.
“Hierdie hof behartig weer eens ’n saak waarin lede van die Namibiese polisie die grondwetlike regte van burgers skend deur hulle onwettig in hegtenis te neem en aan te hou. Dié keer was dit egter nie ’n gewone burger nie, maar ’n gedekoreerde lid van die Namibiese weermag.”
Regter Esi Schimming-Chase het dít onlangs in ’n uitspraak in die hoërhof in Windhoek gesê voordat sy die afgetrede generaal-majoor van Tsumeb, Thomas Nghilifavalii (Nopoundjuu) Hamunyela, se aansoek teen die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit toegestaan het.
Ingevolge die uitspraak moet die ministerie N$219 630 in skadevergoeding aan Hamunyela betaal.
Voor sy aftrede in 2017 het Hamunyela gedien as ’n bevelvoerder in die Namibiese weermag (NDF). Hy is ook ’n hoogs gedekoreerde generaal met meer as tien medaljes, insluitend ’n Omungulugwombashe-medalje.
VEEDIEFSTAL
Hamunyela is in Januarie 2021 in hegtenis geneem en aangehou vir beweerde veediefstal nadat hy beeste by ’n man wou koop wat nie die eienaar van die beeste was nie.
Hy was glo onbewus dat die beeste nie aan die man behoort het nie. Hy het wel nooit vir die beeste betaal nie en die beeste is aan die regte eienaars terugbesorg voordat hy dit in sy besit kon neem. Geen lasbrief is vir sy inhegtenisname uitgereik nie.
Hy was vanaf 13 tot 15 Januarie in aanhouding voordat hy op borgtog vrygelaat is.
“As dit nie vir die beweerde onwettige optrede van die lede van die Namibiese polisie was of hulle wanvoorstelling van feite en kwaadwillige motivering om sy vrylating teen te staan nie, sou hy op 13 Januarie vrygelaat word toe hy die eerste keer in die hof verskyn het,” het Hamunyela beweer.
Hamunyela het aanvanklik N$420 000 geëis, maar die hof het beveel hy moet N$219 630 ontvang nadat Schimming-Chase beslis het dat sy inhegtenisname en aanhouding wel onwettig was.
“By die bepaling van die toekenning moet die hof in ag neem dat die hoofdoel van die toekenning nie is om die benadeelde party te verryk nie, maar aan hom die nodige vertroosting te bied vir sy gekweste gevoelens en te verseker dat die toekenning in ooreenstemming is met die skade wat gely is,” lui die uitspraak.
GENERAAL-MAJOOR
Buiten vir die rol wat Hamunyela ná onafhanklikwording in die NDF gespeel het, is hy ook ’n veteraan en het hy ander Afrikalande se weermagte bygestaan.
Hamunyela was ook gedurende 1985 deel van die gevegte in samewerking met die Suid-Afrikaanse weermag (SADF) aan die Namibiese grens teen Angola en het sy regterarm beseer. In 1987 was hy ook betrokke by die hewige gevegte tussen PLAN en koloniale magte en is ook tydens dié gevegte beseer.
In 1998 is hy aangestel as die eerste hoof van die SADC-magte wat die Demokratiese Republiek die Kongo bygestaan het om teen die rebellemagte te veg.
Hamunyela het saam met die Angolese regering ’n operasie van stapel gestuur wat gelei het tot die dood van Jonas Savimbi in Februarie 2002 in Angola.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie