• Tuisblad
  • Howe
  • AG moet betaal ná 'kwaadwillige vervolging'
Die hooggeregshof van Namibië. Foto argief
Die hooggeregshof van Namibië. Foto argief

AG moet betaal ná 'kwaadwillige vervolging'

Hooggeregshof lewer uitspraak
'n Suid-Afrikaanse burger het geslaag in sy appèlaansoek teen die aanklaer-generaal.
Kristien Kruger
Die hooggeregshof het verlede week die kantoor van die aanklaer-generaal (AG) beveel om N$150 000 te betaal, nadat dit bevind het dat ’n Suid-Afrikaanse man kwaadwillig vervolg is.

Dit kom nadat Pieter Groenewald kwytgeskeld is van klagte van mensehandel en tydens sy verhoor kwytgeskeld is op grond van die feit dat die staat nie genoeg bewyse teen hom gehad het nie.

Groenewald, 'n voormalige kolonel van die Suid-Afrikaanse Weermag, is in April 2013 saam met sy verloofde, Elsie Greef, in hegtenis geneem nadat hulle gevang is terwyl hulle glo 12 mans van die San-gemeenskap van die Bwabwata Nasionale Park vervoer het.

Die staat het aanvanklik aangevoer dat hulle die 12 mans uit die land wou smokkel, maar die saak is in die Rundu-distrikshof uitgegooi.

Daarna het Groenewald en Greef die hoërhof genader met ’n eis teen die aanklaer-generaal vir onwettige inhegtenisname en kwaadwillige vervolging. Die hoërhof het egter net Greef se eis toegestaan en Groenewald s'n van die hand gewys.

Daarna het hy ’n appèlaansoek by die hooggeregshof aanhangig gemaak.

VERKLARINGS TERUGGETREK

Die San-mans het verklarings by owerhede afgelê wat deel gevorm het van die bewyse wat die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, as die basis vir haar besluit op vervolging gebaseer het.

Die 12 mans het egter op ’n latere stadium gesê dat hulle verduideliking verkeerdelik geïnterpreteer is deur die persone wat hulle verklarings geneem het.

Die regters wat onlangs uitspraak gelewer het in die appèlaansoek, het daarop gewys dat die aanvanklike inhegtenisname en besluit om te vervolg, korrek was, maar dat die staat onmiddelik die vervolging moes staak toe die verklarings teruggetrek is.

Hulle het bevind dat die aanklaer-generaal die plig gehad het om die vervolging te stop, nadat dit tydens konsultasies aan die lig gekom het dat die bewerings wat teen Groenewald gemaak is, verkeerd was.

Die regters het beslis dat daar geen bewyse van ’n ander bron was wat Groenewald of Greef by die misdrywe betrek het nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 22° | 32° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 17° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:31, High tide: 02:32, Low Tide: 20:47, High tide: 14:45 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:29, High tide: 02:30, Low Tide: 20:45, High tide: 14:43 Walvis Bay: 17° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:29, High tide: 02:29, Low Tide: 20:45, High tide: 14:42 Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 26° | 37° Keetmanshoop: 26° | 37° Aranos: 25° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 24° | 38° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 19° | 28° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 17° | 20° Maseru: 15° | 25° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 19° | 27° Maputo: 23° | 28° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 20° | 21° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 24° Harare: 18° | 25° #VALUE! #VALUE!