MASTERMIND: Joseph Kaswama (37) the mastermind of the operation appeared in the Rundu magistrate’s court alongside his co-accused. Photo Nikanor Nangolo
MASTERMIND: Joseph Kaswama (37) the mastermind of the operation appeared in the Rundu magistrate’s court alongside his co-accused. Photo Nikanor Nangolo

Agt steel glo kos

Henriette Lamprecht
Nikanor Nangolo - Die vermeende meesterbrein en nog agt verdagtes is vasgetrek nadat hulle na bewering goedere van meer as N$200 000 van 'n bekende kettingwinkel gesteel het. Joseph Kaswama (37) en die agt verdagtes het hul eerste verskyning in die landdroshof op Rundu gemaak, nadat hulle glo goedere ter waarde van N$224 631 van OK Foods gesteel het.

Kaswama, Willem Mbundu (33), Romanus Ndara (29), Magreth Nyumbu (36), Ndimbulekweni Ndokotola (29), Asser Haingura (47), Nyumbu Katrina (45) en Josophine Nyumbu (55) het voor landdros Selma Shiiga verskyn wat die saak tot 25 April vir verdere ondersoek uitgestel het. Shiiga het ook borgtog geweier.

Staatsaanklaer Michael Munika het borgtog teengestaan en gesê nog verdagtes gaan in verband met die beweerde diefstal aangekeer word. Volgens Munika is dit ook nie in belang van die publiek dat die verdagtes borgtog kry nie en dat die moontlikheid bestaan dat hulle met die ondersoek kan inmeng.

Volgens die polisie se waarnemende streeksbevelvoerder vir Kavango-Oos, Eino Nambahu, is die verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle glo OK Foods se voorraad in Ekuli in die Kavango-Wes gesteel het.

"Die meesterbrein agter hierdie operasie se naam is Kaswama wat na bewering besluit het om sakke mieliemeel en wat wissel tussen 20 kilogram, 25 kilogram en 50 kilogram, op verskeie plekke af te laai met die doel om dit te verkoop en voordat hy die vragmotor by die Rupara-nedersetting los. Hy sou dan beweer hy is beroof," het Nambahu verduidelik.

Volgens hom is sommige van die sakke mieliemeel verkoop aan plaaslike sakelui, terwyl ander by nedersettings in Kavango-Wes en -Oos beland het.

"Volgens ons intelligensiebronne was sommige van die sakke versteek. Die polisie moes dié wat van die sakke gekoop het vra om vrywillig dit weer aan die polisie te oorhandig."

Nambahu sê die vragmotor wat die voorraad vir aflewering aan OK Foods vervoer het, is gekry. Uit die 964 sakke mieliemeel wat vervoer is, is 508 weer teruggekry.

"Danksy ons ondersoek kon van die sakke op verskillende plekke gekry word, maar 456 is steeds weg. Deel van die voorraad was ook 44 sakke hoendervoer van 20 kilogram elk en waarvan 34 weer gekry is."

Volgens hom is daar nog drie medepligtiges op vrye voet.

"Ons twyfel nie dat hulle vasgetrek sal word nie, omdat die arm van die gereg lank is en tot by enige huis of nedersetting buite die streek strek. Ons verwag dat ons nog van die goedere sal kry soos die ondersoek voortduur."

Hy het lede van die publiek gewaarsku om nie goedere goedsmoeds te koop nie en om dokumentasie aan te dring om te wys dit is wettig.

"Dié tipe items het lae pryse, want dan verkoop dit vinniger. Die polisie gaan geen simpatie betoon met enige persoon wat hierdie items koop nie, want sodoende maak hulle dat diefstal in die streek voortduur." - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!