• Tuisblad
  • Howe
  • Air Namibia: Oudwerkers wen saak vir meer geld

Air Namibia: Oudwerkers wen saak vir meer geld

Hofaansoek is suksesvol
Die hof het gister die likwidateurs beveel om die res van die geld aan die voormalige werknemers uit te betaal.
Kristien Kruger
Hoewel die voormalige werknemers van die gelikwideerde Air Namibia reeds in Desember 2022 hul vergoedingspakkette ontvang het, het die hof gister bevind dat dié bedrag te min was.

Dit volg nadat ’n groep van sowat 80 voormalige werknemers van Air Namibia die hoërhof in Windhoek genader het met ’n aansoek dat die bedrag herbereken moet word om hul “totale koste aan die maatskappy” in te sluit.

Dit sluit werknemers se bydrae tot mediese fondse, pensioen en die Maatskaplike Voorsorgfonds in, asook toelaes, die uitbetaling vir opgehoopte verlofdae en pro rata-dertiende tjek (bonus).

Regter Collins Parker het gister die voormalige werknemers se aansoek toegestaan ​​en beveel dat die likwidateurs – David Bruni, Ian McLaren en Simon Steyn – die verskil tussen die bedrag wat reeds uitbetaal is en die herberekende bedrag aan die werknemers moet betaal. Die verskil beloop na bewering sowat N$2,5 miljoen.

UITSPRAAK

Parker het in sy uitspraak bevind dat vergoeding ingevolge die arbeidswet nie voorsiening maak vir die uitbetaling van ’n werkgewer se bydraes tot mediese fonds, pensioen en die Maatskaplike Voorsorgfonds nie, maar hy het verder gesê dat “dié saak nie daar stop nie”.

“Ons moet onsself daaraan herinner dat die partye nie die hof genader het om ’n akademiese vraag te bepaal of die woord ‘vergoeding’ – soos dit in die wet gebruik word – die werkgewer se bydraes tot mediese fonds, pensioen en die Maatskaplike Voorsorgfonds insluit nie.

“Die partye het die hof genader om te bepaal wat die dienskontrakte in terme van vergoeding vereis,” het Parker in sy uitspraak gesê en daarop gewys dat die likwidateurs gebonde is aan alle kontrakte wat Air Namibia aangegaan het voor hy gelikwideer is.

“Ek het die kontrakte van die aansoekers en die basiese bepalings en voorwaardes daarin oorweeg. Nadat ek dit gedoen het, kom ek tot die volgende onherroeplike en onafwendbare gevolgtrekking: Air Namibia se bydrae tot onder andere pensioen en mediese fonds vorm deel van die applikante se vergoeding.”

Hy het verder beklemtoon dat die hof moet voldoen aan ooreenkomste wat tussen partye gesluit is en daarom het hy die oudwerkers se aansoek toegestaan.

UITBETALING

In Desember 2022 het die likwidateurs van Air Namibia glo altesaam N$103 miljoen aan werkers uitbetaal en volgens die groep se verteenwoordiger, Renier Bougard, is ooreengekom dat die oudwerkers sowat N$105,5 miljoen moes ontvang het.

“Ek het N$261 662 ontvang hoewel my eis N$388 609 was. My eisbedrag is dus met ’n bedrag van N$126 947 verminder,” het Bougard, in sy verklaring gesê wat by die hof ingedien is.

Luidens Bougard se verklaring het die werknemersvakbond en die destydse bestuur van Air Namibia in Maart 2021 ooreengekom dat die vergoedingspakkette nie net op hul basiese inkomste en toelaes gebaseer sal word nie, maar op hul “totale koste aan die maatskappy”.

Bykomend hiertoe is werknemers glo belowe om betaling op grond van opgehoopte verlofdae en ’n dertiende tjek te ontvang. Skeidingspakkette is ook uitbetaal op grond van die aantal jare van indiensneming.

Die likwidateurs het tydens verrigtinge aangevoer dat hulle nie betrokke was by die ooreenkoms wat aangegaan is rakende die pakkette nie en dat die bestuur nie by magte was om so ’n ooreenkoms aan te gaan nie. Hulle beweer hulle is dus nie daartoe verbind nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1626.95 | USD to ZAR 17.9 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 524.90/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.18/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 2.66% | Brent Crude Oil US$ 71.66/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 961.15/OZ UP +0.76% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1626.95 | USD to ZAR 17.9 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 524.90/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.18/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 2.66% | Brent Crude Oil US$ 71.66/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 961.15/OZ UP +0.76%