Marcus Thomas kon steeds nie ˊn prokureur kry om hom te verteenwoordig in sy aansoek om verlof tot appèl nie. Foto argief/Kristien Kruger
Marcus Thomas kon steeds nie ˊn prokureur kry om hom te verteenwoordig in sy aansoek om verlof tot appèl nie. Foto argief/Kristien Kruger

Amerikaner sukkel om prokureur te bekom

Iréne-Mari van der Walt
Die twee Amerikaners, Marcus Thomas en Kevan Townsend, wat verlede jaar skuldig bevind en gevonnis is vir die moord op André Heckmair in 2011, se aansoek om verlof tot appèl sloer steeds.

Argumente sal na verwagting op 7 Junie aangehoor word.

Marcus Thomas het Dinsdag aan regter Christie Liebenberg gesê dat hy ’n ander private regsverteenwoordiger sal bekom om hom in dié aansoek te verteenwoordig en om in Junie argumente te lewer.

Thomas het gesê hy het vir Kadhila Amoomo aangestel om hom te verteenwoordig en dat sy betaling vanaf die Verenigde State van Amerika oorgeplaas is.

“Die Bank of Namibia (BoN) het sedertdien sy interne regulasies verander en vereis nou dat verklarings gegee word. Kadhila Amoomo is nie bereid om ’n verklaringsvorm in te vul nie,” het Thomas in die hof gesê.

“Dit beteken ek sal óf ’n kontantoorplasing moet doen, wat feitlik onmoontlik is gegewe my situasie, óf ek sal ’n ander regsverteenwoordiger moet kry,” het hy verder verduidelik.

Thomas beweer hy was tot Maandag nie in staat om kontak met ’n regsverteenwoordiger te maak nie, maar hou vol dat hy steeds ’n privaat prokureur wil aanstel.

Liebenberg het aan Thomas gesê die hof mag dit oorweeg om sy aansoek van sy medepligtige, Kevan Townsend, te skei.

Hulle aansoek sal steeds saam aangehoor word, aangesien Townsend se regsverteenwoordiger, Mbanga Siyomunji, versoek het dat hulle nie van mekaar geskei word nie weens die feit dat die aansoek uit dieselfde voorval spruit.

“Jy moet kan waardeer dat dit nie vir ewig kan aangaan nie – jy gaan óf jou argumente self moet lewer of jou regsverteenwoordiger opdrag gee om gereed te wees om argumente te lewer,” het Liebenberg aan Thomas gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!