Amerikaners bied geen teenstand

Aansoek om kwytskelding afgekeur
Marcus Thomas en Kevan Townsend sal op 21 Julie vir finale betoë verskyn voor uitspraak in die saak gelewer sal word.
Iréne-Mari van der Walt
Die twee Amerikaanse beskuldigdes wat teregstaan op die moord van André Heckmair het hulle reg uitgeoefen om geen getuies te roep of bewysstukke by die hof in te dien nie.

Marcus Thomas en Kevan Townsend sal op 21 Julie vir finale betoë verskyn voor uitspraak in die saak gelewer sal word.

Die staat het vroeër vanjaar – meer as 12 jaar nadat Heckmair met ’n noodlottige koeëlwond in sy nek in Gusindestraat in die hoofstad gevind is – sy saak teen die twee beskuldigdes afgesluit.

Beide beskuldigdes het daarna aansoeke ingevolge deel 174 van die Strafproseswet gebring, wat stipuleer dat ’n regter beskuldigdes onmiddellik van alle klagte teen hulle kan vryspreek indien die regter bevind die staat het nie genoegsame bewysstukke nie.

Regter Christie Lienberberg het gister beide beskuldigdes se aansoeke van die hand gewys.

Hoewel die beskuldigdes se regverteenwoordigers, Salomon Kanyemba en Mbanga Siyomunji, aangevoer het dat die staat nie ’n prima facie-saak teen die beskuldigdes het nie, het Liebenberg in sy uitspraak gesê hy is oortuig daarvan dat die staat wel een het.

“Daar is genoegsame bewysstukke en selfs direkte bewyse met betrekking tot die klagte. Indirekte bewyse moet nie stuksgewys oorweeg word nie,” het Liebenberg gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!