Amerikaners kry dekades agter tralies
Hulle toon geen berou, sê regter
Die Heckmair-saak het gister ná byna 13 jaar tot 'n einde geloop ná vonnisoplegging.
“Die motief bly tot vandag toe ’n raaisel en dit is iets wat vir altyd by die familie sal spook. Dit maak ook die beëindiging van ’n jongmens se lewe, wat waarskynlik aan die begin was van ’n voorspoedige loopbaan en lewendige toekoms, selfs meer sinneloos.”
So het regter Christie Liebenberg gister gesê tydens die vonnisoplegging van die twee Amerikaners wat skuldig bevind is aan die moord op die 25-jarige André Heckmair. Die uitspraak kom ná ’n uitgerekte verhoor en byna 13 jaar ná sy moord.
Marcus Thomas en Kevan Townsend is onderskeidelik 30 en 29 jaar tronkstraf opgelê.
“Nie een van die beskuldigdes het enige berou uitgespreek oor die misdade wat hulle gepleeg het of die pyn en lyding wat dit vir die familie van die oorledene veroorsaak het nie. Hulle blyk onaangeraak te wees deur die misdade wat hulle gepleeg het en die gevolge daarvan vir ander,” lui die uitspraak wat gister in die hoërhof in Windhoek gelewer is.
Liebenberg het bygevoeg die hof hou hom nie blind vir die mans se blatante gebrek aan respek vir die lewe en waardigheid van ’n medemens nie.
DIE MOORD
Heckmair het sy gesin op 7 Januarie 2011 omstreeks 13:00 gegroet en is ongeveer ’n uur later dood in ’n voertuig in Gusindestraat in Windhoek aangetref.
Volgens sy gesin was hy op pad na ’n middagete-afspraak saam met “Amerikaners”.
“Ons het hom gegroet voor sy afspraak en die volgende keer wat ons hom gesien het, was in die lykshuis met ’n koeëlwond in sy regterwang,” het Republikein voorheen berig toe Heckmair se ma, Birgit Heckmair, vir strawwer vonnisse getuig het.
Liebenberg het in sy uitspraak daarop gewys dat Thomas en Townsend die moord beplan het en van Amerika hierheen gereis het met die doel om die misdaad te pleeg.
“Hulle het hom na ’n doodloopstraat gelok waar hy met ’n enkele skoot geskiet is terwyl hy in die bestuurdersitplek van die voertuig gesit het. Alles helder oordag in ’n woongebied.
“Dieselfde persone met wie hy ’n middagete-afspraak gehad het, het sy moordenaars geword,” het hy bygevoeg.
MISBRUIK VAN HOFPROSES
Liebenberg het in sy uitspraak toegegee dat Thomas en Townsend waarskynlik ’n mate van ontbering en pyn ervaar omdat hulle families in die Verenigde State van Amerika (VSA) is en ’n strawwe vonnis beteken dat dié lyding sal voortduur.
“Dis egter ’n onvermydelike gevolg van misdaad en ’n mens kan nie toelaat dat jou simpatie vir hulle jou weerhou om die soort vonnis op te lê wat die belang van geregtigheid en die samelewing vereis nie,” meen hy.
Thomas en Townsend se regsverteenwoordigers het voor die vonnisoplegging geargumenteer die tyd wat hulle reeds in aanhouding was, moet van hul vonnisse afgetrek word.
Die staatsaanklaer, Antonia Verhoef, het egter aangevoer dit moet nie outomaties afgetrek word nie, veral as mens in ag neem dat die beskuldigdes hoofsaaklik verantwoordelik was vir die talle vertragings in die verhoor.
“Dit is hierdie hof se oorwoë standpunt dat, waar ’n beskuldigde homself skuldig gemaak het aan die opsetlike ontwrigting of vertraging van hofverrigtinge wat in wese neerkom op die kwaadwillige misbruik van die hofproses, daardie persoon uiteindelik nie voordeel behoort te trek uit sulke gedrag deur die hele tydperk wat verspil is nie,” lui die uitspraak.
VONNISOPLEGGING
Beide is 27 jaar tronkstraf opgelê vir die moordklag en vier jaar vir diefstal. Twee van dié vier jaar sal egter samelopend met die moordklag uitgedien word. Thomas is ’n bykomende jaar tronkstraf opgelê vir dwarsboming van die gereg.
Op ’n klag van die onwettige invoer van vuurwapens is Thomas met N$4 000 beboet, alternatiewelik tronkstraf van een jaar.
Townsend moet ’n boete van N$1 000 betaal of een jaar tronkstraf uitdien vir die klag van die onwettige besit van ’n vuurwapen. Vir nog ’n bykomende twee klagte vir die oortreding van die Ammunisiewet, moet beide mans N$1 000 betaal of een jaar tronkstraf uitdien. Volgens die vonnisoplegging is al twee mans ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit vir ’n tydperk van vyf jaar.
– [email protected]
Verwante artikels:
AMERIKANERS ‘TOON GEEN BEROU’
SKULDIG!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie