Amerikaners se appèl weer vertraag
Thomas steeds sonder prokureur
Die twee Amerikanse moordenaars wat in Oktober verlede jaar strawwe vonnisse opgelê is vir die moord op André Heckmair in 2011, se aansoeke om verlof tot appèl is gister in die hoërhof in Windhoek uitgestel tot Maart.
Marcus Thomas en Kevan Townsend wil teen hulle vonnisoplegging en skuldigbevinding in die hooggeregshof appelleer, maar beide moet eers ’n aansoek om verlof by die hoërhof toegestaan word.
Thomas en Townsend het November in die hof verskyn vir hulle aansoeke, maar die saak is uitgestel tot gister, omdat Thomas se regsverteenwoordiger, Salamon Kanyemba, homself aan die saak onttrek het.
Die verrigtinge kon gister ook nie voort duur nie omdat Thomas se nuwe privaatprokureur nie teenwoordig was nie.
“Ons het reeds in November verlede jaar die fondse vanuit die VSA oorgesit,” het Thomas vir die hof gesê.
Ná ’n spoedige verdaging het Townsend se regsverteenwoordiger, Mbanga Siyomuinji, die prokureur gebel wat Thomas beweer hom moet verteenwoordig. Hy het in die teenwoordigheid van die personeel van korrektiewe dienste, die telefoon vir Thomas gegee om direk met die prokureur te praat.
Thomas het ná die verdaging die hof ingelig dat die prokureur bevestig het dat hy die fondse ontvang het, maar dat hy nog nie toegang daartoe het nie en daarom nog nie op rekord sal gaan nie.
“Ek verstaan dit ook nie,” het Thomas aan regter Hosea Angula gesê nadat Angula sy verwarring oor die kwessie met Thomas probeer uitklaar het.
Angula het gevolglik die saak uitgestel tot 12 Maart vir Thomas om die kwessie in verband met sy verteenwoordiging uit te sorteer.
“Klaar assebblief vir kwessie op, want jy is besig om die saak te vertraag,” het Angula vir Thomas gewaarsku.
Adv. Antonia Verhoef is die staatsaanklaer in die saak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie