Marcus Thomas en Kevan Townsend op die dag wat hulle skuldig bevind is met André Heckmair se ouers in die agtergrond. Foto Kristien Kruger
Marcus Thomas en Kevan Townsend op die dag wat hulle skuldig bevind is met André Heckmair se ouers in die agtergrond. Foto Kristien Kruger

Amerikaners se verlof tot appèl geweier

Heckmair-moord
Kevan Townsend en Marcus Thomas wou die hooggeregshof nader om hul skuldigbevindings en vonnisopleggings uit te daag.
Kristien Kruger
Die hof het bevind die twee Amerikaners wat swaar vonnisse vir die moord op André Heckmair in 2011 opgelê is, geen vooruitsigte vir sukses op appèl het nie.

Marcus Thomas en Kevan Townsend se aansoek om verlof tot appèl om hul skuldigbevinding en vonnisoplegging in die hooggeregshof uit te daag, is gister in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys.

Regter Christie Liebenberg, wat die uitgerekte verhoor aangehoor en kort daarna afgetree het, het steeds hierdie aansoek om verlof tot appèl hanteer.

“Daar is niks wat aandui dat die vonnisse wat opgelê is, onbehoorlik is en dus nie in ooreenstemming met geregtigheid is nie. Hierdie hof staan by sy bevindinge en vonnisse wat opgelê is,” lui sy uitspraak.

THOMAS SE GRONDE

Thomas het meer as 50 gronde vir appèl in sy aansoek gelys, onder andere beweerde onreëlmatighede tydens die opname van sy pleitverrigtinge in November 2014, die bevindinge van sy psigiatriese evaluasie en sekere beslissing wat Liebenberg tydens die verhoor gemaak het.

Thomas het aangevoer dat Liebenberg ’n aansoek om uitstel geweier het nadat een van sy talle regsverteenwoordigers homself aan die saak onttrek het en Thomas homself moes verteenwoordig. Hy het verder aangevoer dat sy onvermoë om staatsgetuies te kruisondervra, neerkom op ’n onregverdige verhoor.

Liebenberg het in sy uitspraak daarop gewys dat die hofrekord dit duidelik maak dat Thomas bloot geweier het om vrae aan die staatsgetuies te rig terwyl hy sonder verteenwoordiging was.

“Die getuienis wat deur hierdie getuies gelewer is, was nie ingewikkeld nie en kon maklik deur die applikant [Thomas] aangespreek word.”

Met betrekking tot sy pleitverrigtinge beweer Thomas dat Townsend opdrag gekry het om namens hom op een van die aanklagte te pleit. Liebenberg het in sy uitspraak dié gronde vir appèl uitgeklaar en gesê Townsend het bloot Thomas se pleit herhaal nadat die hof nie duidelik kon hoor wat Thomas sê nie.

“Hy het nie namens hom gepleit nie, maar bloot sy pleit herhaal,” het Liebenberg gesê en bygevoeg dat Thomas se regsverteenwoordiger ook bevestig het dat dit in lyn was met die instruksies wat hy van Thomas ontvang het.

Thomas het ook beswaar gemaak teen die feit dat daar nie tydens pleitverrigtinge vasgestel is dat hy die aanklagte teen hom verstaan en of hy gesond genoeg was om die verrigtinge te verstaan nie. Volgens Liebenberg se uitspraak is dit die heel eerste keer dat dié kwessie geopper word.

“Hierdie grond [vir appèl] het duidelik as ’n nagedagte gekom en dit het geen impak op die uitkoms van die verhoor nie.”

TOWNSEND SE GRONDE

Buiten vir die talle gronde van appél wat deur Thomas aangevoer is, het Townsend ook 21 gronde vir appèl aangeteken.

Van die gronde het te make met die feit dat Liebenberg bevind het dat die twee mans met ’n gemeenskaplike doel tydens die moord op Heckmair opgetree het.

Liebenberg het in sy uitspraak gesê hy staan by dit wat hy in die skuldigbevinding beslis het.

“Die bewyse wat gelewer is, het ongetwyfeld en bo redelike twyfel vasgestel dat die applikante saam na Namibië gekom het. Hulle het in dieselfde akkommodasie gebly, ’n kamer gedeel en was saam toe hulle die simkaart gekoop het.

“Die misdaad is met voorbedagte rade gepleeg en hulle het duidelik met ’n gemeenskaplike doel opgetree.”

Verder het Townsend in sy appèlaansoek aangevoer dat daar ’n gebrek aan bewyse is wat hom met die moordtoneel verbind.

“Die hof het in sy uitspraak die gebrek aan direkte bewyse wat die applikante met die moordtoneel verbind, oorweeg en erken. Ná behoorlike oorweging van al die getuienis wat aangebied is, het die hof egter tot die gevolgtrekking gekom dat die applikante die oorledene vermoor het,” het Liebenberg in sy beslissing gesê en bygevoeg dat hierdie grond dus sonder meriete is.

Townsend het ook beswaar gemaak daarteen dat geen vinger- of palmafdrukke gevind is op die oorledene se voertuig waarin hy doodgeskiet is nie. Liebenberg het erken dat dié feit nooit in dispuut was nie.

“Dit sluit egter nie die applikante uit nie. Dit is in elk geval nie ’n behoorlike rede vir appèl nie en vereis dit geen verdere oorweging nie.”

GEEN VOORUITSIGTE

Liebenberg het in sy uitspraak daarop gewys die blote moontlikheid dat ’n ander hof tot ’n ander gevolgtrekking kan kom, nie voldoende rede is om ’n aansoek om verlof tot appèl te regverdig nie.

“Die toets is of applikante op ’n oorwig van waarskynlikhede, met inagneming van die gronde van appèl wat geopper is, daar redelike vooruitsigte op sukses vir die appèl is,” het Liebenberg in sy uitspraak beklemtoon en aangedui dat Thomas en Townsend se aansoek nie aan dié vereiste voldoen het nie.

Die twee mans is op 6 September 2023 skuldig bevind en op 26 Oktober 2023 gevonnis. Thomas is 30 jaar tronkstraf opgelê en Townsend tot 29 jaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Vodacom Bulls 40 vs 40 Hollywoodbets Sharks XV | Fidelity ADT Lions 43 vs 34 Toyota Cheetahs XV Premier League: Wolves 1 vs 2 Newcastle | Tottenham Hotspur 0 vs 1 Arsenal | Bournemouth 0 vs 1 Chelsea | Aston Villa 3 vs 2 Everton | Manchester City 2 vs 1 Brentford | Liverpool 0 vs 1 Nottingham Forest | Fulham 1 vs 1 West Ham | Crystal Palace 2 vs 2 Leicester City | Brighton 0 vs 0 Ipswich Town | Southampton 0 vs 3 Manchester United LaLiga: Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna | Atletico Madrid 3 vs 0 Valencia | Las Palmas 2 vs 3 Athletic Club | Girona 1 vs 4 Barcelona | Celta Vigo 3 vs 1 Real Valladolid | Real Sociedad 0 vs 2 Real Madrid | Sevilla 1 vs 0 Getafe | Espanyol 3 vs 2 Deportivo Alaves | Mallorca 1 vs 2 Villarreal SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese | Monza 1 vs 1 Inter Milan | Cagliari 0 vs 4 Napoli | Torino 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 2 Fiorentina | Genoa 1 vs 1 AS Roma | AC Milan 4 vs 0 Venezia | Empoli 0 vs 0 Juventus | Como 2 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley English Championship: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 20° | 41° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 18° | 36° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 16° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 13° | 31° Gobabis: 13° | 33° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:51, High tide: 07:54, Low Tide: 02:00, High tide: 20:24 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:49, High tide: 07:52, Low Tide: 02:00, High tide: 20:22 Walvis Bay: 11° | 18° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:49, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:21 Rehoboth: 10° | 32° Mariental: 12° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 11° | 31° Lüderitz: 11° | 24° Ariamsvlei: 13° | 29° Oranjemund: 9° | 17° Luanda: 20° | 21° Gaborone: 18° | 34° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 15° | 35° Maseru: 9° | 22° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 21° | 37° Windhoek: 13° | 31° Cape Town: 11° | 13° Durban: 18° | 24° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 22° | 36° Harare: 18° | 32° Currency: GBP to NAD 23.15 | EUR to NAD 19.59 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.99 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.22 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1647.13 | USD to ZAR 17.58 | USD to ZMW 26.49 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1787.81 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30260.24 Down -0.78% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 569.59/OZ DOWN -0.0055 | Copper US$ 4.26/lb UP +0.37% | Zinc US$ 2 940.00/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 73.96/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 983.31/OZ UP +0.01% Sport results: Currie Cup: Vodacom Bulls 40 vs 40 Hollywoodbets Sharks XV | Fidelity ADT Lions 43 vs 34 Toyota Cheetahs XV Premier League: Wolves 1 vs 2 Newcastle | Tottenham Hotspur 0 vs 1 Arsenal | Bournemouth 0 vs 1 Chelsea | Aston Villa 3 vs 2 Everton | Manchester City 2 vs 1 Brentford | Liverpool 0 vs 1 Nottingham Forest | Fulham 1 vs 1 West Ham | Crystal Palace 2 vs 2 Leicester City | Brighton 0 vs 0 Ipswich Town | Southampton 0 vs 3 Manchester United LaLiga: Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna | Atletico Madrid 3 vs 0 Valencia | Las Palmas 2 vs 3 Athletic Club | Girona 1 vs 4 Barcelona | Celta Vigo 3 vs 1 Real Valladolid | Real Sociedad 0 vs 2 Real Madrid | Sevilla 1 vs 0 Getafe | Espanyol 3 vs 2 Deportivo Alaves | Mallorca 1 vs 2 Villarreal SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese | Monza 1 vs 1 Inter Milan | Cagliari 0 vs 4 Napoli | Torino 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 2 Fiorentina | Genoa 1 vs 1 AS Roma | AC Milan 4 vs 0 Venezia | Empoli 0 vs 0 Juventus | Como 2 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley English Championship: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley Weather: Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 20° | 41° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 18° | 36° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 16° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 13° | 31° Gobabis: 13° | 33° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:51, High tide: 07:54, Low Tide: 02:00, High tide: 20:24 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:49, High tide: 07:52, Low Tide: 02:00, High tide: 20:22 Walvis Bay: 11° | 18° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:49, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:21 Rehoboth: 10° | 32° Mariental: 12° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 11° | 31° Lüderitz: 11° | 24° Ariamsvlei: 13° | 29° Oranjemund: 9° | 17° Luanda: 20° | 21° Gaborone: 18° | 34° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 15° | 35° Maseru: 9° | 22° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 21° | 37° Windhoek: 13° | 31° Cape Town: 11° | 13° Durban: 18° | 24° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 22° | 36° Harare: 18° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.15 | EUR to NAD 19.59 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.99 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.22 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1647.13 | USD to ZAR 17.58 | USD to ZMW 26.49 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1787.81 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30260.24 Down -0.78% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 569.59/OZ DOWN -0.0055 | Copper US$ 4.26/lb UP +0.37% | Zinc US$ 2 940.00/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 73.96/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 983.31/OZ UP +0.01%