Amerikaners voorheen saam in New York-tronk
Heckmair-moordverhoor duur vandag voort
Die beskuldigdes beweer dat die owerhede bewysstukke in hul kamer in 'n gastehuis geplant het.
“Hoewel ek dit nie kan bewys nie, het ek ’n sterk vermoede dat beskuldigde nommer 1 [Marcus Thomas] iets met die moord te doen gehad het. Die ondersoek het my elke keer teruggebring na hom toe.”
So het inspekteur Felix Ndikoma gister in die hoërhof in Windhoek gesê toe een van die Amerikaanse beskuldigdes se regsverteenwoordigers vir hom gevra het of hy kan bewys dat sy kliënt, mnr. Marcus Thomas, vir mnr. André Heckmair vermoor het.
Dit het gister vir die eerste keer aan die lig gekom hoe die beskuldigdes mekaar ontmoet het. Thomas en sy medebeskuldigde, mnr. Kevan Townsend, het glo in ’n tronk in Amerika ontmoet.
Thomas is na bewering in Augustus 2010 in hegtenis geneem nadat hy in Heckmair se huis ingebreek het. Tydens sy aanhouding in New York, het hy vir Townsend ontmoet.
Thomas het ná sy vrylating glo vir Townsend in die tronk gaan besoek, waarna hy Townsend se borgtog van US$10 000 betaal het.
Hulle het kort daarna in Desember 2010 na Namibië gereis.
Heckmair is op 7 Januarie 2011 in sy voertuig in Windhoek doodgeskiet.
SKERMSKUT GLO GEPLANT
Ndikoma het getuig hy het ’n skootrekenaar in die beskuldigdes se kamer in ’n gastehuis gevind.
Toe hy die skootrekenaar oopmaak, was die skermskut (“screensaver”) glo ’n foto van Thomas en ’n vrou.
Thomas het sy swygreg uitgeoefen en glo geweier om die rekenaar se wagwoord aan Ndikoma te verskaf.
Volgens Ndikoma se getuienis het hy die volgende dag die skootrekenaar na Heckmair se ouers geneem om uit te vind of hulle die man of die vrou op die skermskut herken.
Heckmair se ouers het na bewering nie die man op die skermskut herken nie, maar wel die vrou. Dit was glo André Heckmair se meisie, me. Christine Brühwiler, wat enkele weke vantevore saam met die familie in Namibië vakansie gehou het.
Gister tydens Ndikoma se kruisondervraging deur Thomas se regsverteenwoordiger, mnr. Salomon Kanyemba, het Kanyemba gesê hy het instruksies van Thomas gekry dat die owerhede die skermskut geplant het.
“Hoe kon ek dit plant as ek nie eens toegang tot die skootrekenaar kon kry nie,” het Ndikoma geantwoord op grond daarvan dat hy na bewering nie die skootrekenaar se wagwoord geken het nie.
THOMAS GLO EWEHANDIG
Kanyemba het Dinsdag aan Ndikoma gevra hoe hy bepaal het aan wie ’n notaboek – wat in die gastekamer gevind is – behoort het.
Ndikoma het gesê hy het die twee beskuldigdes gevra om op ’n stuk papier te skryf, sodat hy hul handskrif met die in die boek kon vergelyk
Volgens sy getuienis het Thomas met sy linkerhand probeer skryf en het hy opgemerk dat dit nie gemaklik gelyk het nie.
“Tydens my getuienis in hierdie hof, het ek ook verskeie kere gesien hoe die beskuldigde [Thomas] met sy regterhand skryf,” het Ndikoma gesê.
Volgens Kanyemba is Thomas glo ewehandig, menend dat hy met beide hande kan skryf.
Kanyemba het gesê Thomas beweer die polisie het die notaboek in die kamer geplant. Thomas maak dieselfde bewerings oor ’n geweerknaldemper wat in die kamer gevind is.
Kanyemba het aangedui hy sal vandag Ndikoma se kruisondervraging afhandel, waarna Townsend se regsverteenwoordiger, mnr. Mbanga Siyomuinji, met kruisondervraging sal begin.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie