Kevan Townsend (links) en Marcus Thomas (regs) het gister 'n aansoek gebring om vrygespreek te word. Foto Iréne-Mari van der Walt
Kevan Townsend (links) en Marcus Thomas (regs) het gister 'n aansoek gebring om vrygespreek te word. Foto Iréne-Mari van der Walt

Amerikaners vra vir kwytskelding

Staat sluit sy saak af
Regter Christie Liebenberg sal na verwagting op 19 Junie sy beslissing oor Marcus Thomas en Kevan Townsend se aansoeke bekend maak.
Iréne-Mari van der Walt
Meer as twaalf jaar nadat André Heckmair met ’n noodlottige koeëlwond in sy wang in Gusindestraat in die hoofstad gevind is en meer as nege jaar ná Marcus Thomas en Kevan Townsend se verhoor in verband met dié moord in die hoërhof begin het, het die staat sy saak afgesluit.

Die twee beskuldigdes se regsverteenwoordiger het net daarna bekend gemaak dat beide aansoeke ingevolge deel 174 van die strafproseswet sal bring.

Deel 174 van die stafproseswet stipuleer dat die hof ’n beskuldigde of beskuldigdes aan die einde van die staat se saak onskuldig kan bevind, indien die hof glo daar is nie genoegsame bewyse dat die beskuldigde(s) die oortreding gepleeg het nie.

Regter Christie Liebenberg sal na verwagting op 19 Junie sy beslissing oor dié aansoeke bekend maak.

SELFOONREKORDS

Voor die staat sy saak afgesluit het, het die laaste getuie, die hoof van MTC se bedrogafdeling, Mark Plaatje, Dinsdag getuig oor verskeie interaksies tussen ’n nommer wat eindig op 2883, wat glo aan Heckmair behoort het, en ’n nommer wat eindig op 4153, wat na bewering aan Thomas behoort het.

Thomas het glo op 2 Januarie 2011 ’n stemposboodskap vir Heckmair gelos waarna Heckmair hom na bewering teruggebel het. Tussen 2 Januarie en 7 Januarie – die dag waarop Heckmair vermoor is – is daar meer as 40 SMS-boodskappe tussen hierdie twee nommers gestuur. Heckmair het volgens MTC-rekords om 11:54 ’n SMS aan die 4153-nommer gestuur voor hy om 11:56 ’n SMS van hierdie nommer ontvang het.

Die laaste twee interaksies met Heckmair se selnommer – twee oproepe om 13:44 en 14:31 – is nie geantwoord nie. Dít skynbaar omdat Heckmair se selfoon nie in daardie stadium “op die netwerk was nie”. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!