Amerikaners wil teen vonnisse appelleer
Aansoek om verlof tot appèl
Marcus Thomas sal van die Windhoek Sentrale Gevangenis na die Hardap Korrektiewe Geriewe op Mariental oorgeplaas word.
Die twee Amerikaners wat verlede maand beide strawwe vonnisse opgelê is vir die moord op Andre Heckmair, het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn vir hulle beoogde aansoeke om verlof tot appèl.
Die aansoeke is egter nie aangehoor nie en die saak is tot Januarie 2024 uitgestel.
Marcus Thomas en Kevan Townsend wil teen hulle vonnisoplegging en skuldigbevinding in die hooggeregshof appelleer, maar beide moet eers ’n aansoek om verlof by die hoërhof toegestaan word.
Hoewel beide die hof ingelig het van hul voorneme om aansoeke in te dien, kon die saak nie gister voortgaan nie aangesien Thomas se regsverteenwoordiger, Salamon Kanyemba, homself aan die saak onttrek het.
Thomas het aan regter Christie Liebenberg gesê hy beplan om ’n private prokureur aan te stel.
Liebenberg het die saak tot 29 Januarie volgende jaar uitgestel om vir Thomas geleentheid te gee om regsverteenwoordiging te bekom.
Die rede waarom Thomas ’n private prokureur wil aanstel, is aangesien hy van die Windhoek Sentrale Gevangenis na die Hardap Korrektiewe Geriewe op Mariental oorgeplaas gaan word.
Hy meen dié skuif sal gereelde konsultasies met regshulpprokureurs onmoontlik maak.
OORPLASING
Volgens die kommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS), Raphael Hamunyela, word Thomas oorgeplaas om met sy rehabilitasieprogram te begin.
“Elke geval verskil en die risiko en behoeftes van elke gevangene word in ag geneem in hierdie proses,” het Hamunyela gister aan Republikein gesê.
TOWNSEND
Townsend se regsverteenwoordiger, Mbanga Siyomuinji, het gesê hulle is gereed om met die aansoek om verlof tot appèl voort te gaan. Die staatsaanklaer, Antonia Verhoef, het ook aangedui sy is gereed om met die aansoeke te begin.
Liebenberg het tydens gister se verrigtinge aangedui dat die beste opsie sal wees om die twee aansoeke tegelykertyd aan te hoor, maar hy het toegegee die vertraging wat deur Thomas se gebrek aan regsverteenwoordiging veroorsaak is, moontlik Townsend kan benadeel.
Siyomuinji het tot die uitstel ingestem, maar benadruk hulle sal verkies om geen verdere tyd te mors nie.
VONNISSE
Thomas en Townsend is drie weke gelede onderskeidelik tot 30 en 29 jaar tronkstraf gevonnis.
Liebenberg het in sy uitspraak daarop gewys dat nie een van die mans enige berou getoon het nie en dat die motief vir die moord steeds onbekend is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie