Amupanda in die sop oor uitlatings
Hinda-Mbuende getuig in hof
Die adjunkminister van finansies en 'n voormalige burgemeester van Windhoek is tans in 'n regsgeding gewikkel oor sy uitlatings in die sosiale media.
Die aktivis Job Amupanda se regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo, het Donderdag in die hoërhof aangevoer dat die plasing wat die adjunkminister van finansies en staatsondernemings, Maureen Hinda-Mbuende, beweer haar reputasie geskend het eintlik haar dapperheid vier.
Dié hofgeding spruit uit ’n uitlating wat Amupanda in Julie 2021 in die sosiale media geplaas het waarin hy gesê het Hinda-Mbuende was gedurende die bevrydingstryd “WizWiz” en sy sal nie twee keer dink om ’n mes uit te haal nie. Sy beweer hy het haar reputasie geskend en eis N$1 miljoen in skadevergoeding.
Amoomo het Hinda-Mbuende ondervra oor die betekenis van die woord “WizWiz”, waarop sy geantwoord het dat dit ’n slengterm is. Sy het gesê haar dogter het aan haar verduidelik dat die woord verwys na ’n persoon met ’n twyfelagtige waardestelsel.
Amoomo het dit bevraagteken en gesê daar is geen rekord van die woord se betekenis aanlyn nie. Dit nadat Hinda getuig het dat die woord nie in ’n woordeboek voorkom nie.
Volgens Amoomo kan die woord ter sprake net sowel gebruik word om na ’n liefdevolle of slim persoon te verwys. Hy het aan Hinda-Mbuende gestel dat sy ’n openbare figuur is en dus die onderwerp van openbare kommentaar mag wees. Sy het gesê enige kommentaar wat aan haar gerig word, moet feitelik wees.
Sy het ook Woensdag in die hoërhof getuig dat Amupanda haar vereenselwig het met ’n stereotipering dat die Damara-kultuurgroep nie sal huiwer om ander mense met ’n mes te steek nie. Sy sê hierdie stelling is onwaar.
Hinda-Mbuende het ook getuig sy het aanstoot geneem van die foto wat by Amupanda se plasing verskyn het. Sy beweer die plasing insinueer dat die vrou in die foto sy is en sê dit is onwaar.
“Haar T-hemp is ingesteek. Ek is grootgemaak as ’n Katolieke meisie en dit is vir my onsensitief om nie iets te dra wat jou van agter bedek nie,” het sy getuig.
Sy beweer ook dat Amupanda se plasing haar as ’n wrede persoon uitgebeeld het wat ’n ander se lewe sonder waarskuwing sal neem. Amupanda het volgens Hinda-Mbuende ook in ’n opvolgplasing geïnsinueer dat sy ’n wiegiedief (cougar) is toe hy oor nuus van die regsgeding op sy sosiale media gesê het dit is die nagevolge om “suiker van die mamma” te weerhou.
Hinda het tydens haar getuienis gesê dat sy nie iemand met ’n mes sou steek nie en aangevoer dat dieselfde vir Swapo-lede tydens die bevrydingstryd geld.
“’n Swapo-lid het niemand gesteek nie. Koevoet-lede het dalk sulke goed gedoen, maar nie ons mense nie – dit is barbaars,” het sy getuig. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie